[Foto] 63-jarige model in swembroek op voorblad

Christie Brinkley en haar dogters, Alexa Ray Joel (31) en Sailor Brinkley Cook (18) Foto: Sports Illustrated

Christie Brinkley en haar dogters, Alexa Ray Joel (31) en Sailor Brinkley Cook (18) Foto: Sports Illustrated

Skoonheid het nie ʼn vervaldatum nie.

Dít is die boodskap wat die Amerikaanse model Christie Brinkley wou oordra nadat sy onlangs op 63-jarige ouderdom op die voorblad van die tydskrif Sports Illustrated saam met haar twee dogters verskyn het.

Brinkley is wyd op sosiale media geprys nadat sy in die jaarlikse swemklere-uitgawe van dié tydskrif saam met haar dogters, Alexa Ray Joel (31) en Sailor Brinkley Cook (18), verskyn het.

Die model het aan Sky News vertel “skoonheid kom in verskillende pakkies en groottes en het beslis nie ʼn vervaldatum nie”.

Sy het die eerste keer in 1979, op 25-jarige ouderdom, op die voorblad van die tydskrif verskyn. Sy was ook in 1980 en 1981 op die voorblad van die jaarlikse weergawe te sien.

Brinkley was ʼn topmodel in die 1980’s en 1990’s. Sy het later ook bekendheid verwerf as televisiepersoonlikheid en was getroud met die sanger Billy Joel.

Bron: Sky News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ekwilibrium ·

Genade, maar dié tannie dien as inspirasie! Manne, stuur aan vir jul vrouens; ek gaan beslis! En môre seker ‘n blou oog ook hê…

Theresa ·

Hi Ekwilibrium, moenie te veel bekommer nie – ek glo jou vrou sal oopkop na hierdie voorbeeld van besondere genepoel en jarelange gepamperlang kyk en saam stem. Ek het self nie geweet wat om te verwag nie en was baie verbaas, totdat ek die naam sien en besef toe sy was nog altyd beeldskoon. Amper in die klas van Sophia Loren ens. hul word net eenvoudig nie regtig oud nie. Sterkte as jy wel ‘n goed gemikte hou kry – maar ek dink nie jy hoef te bekommer nie :)

Karma ·

Wag … wag …. wag …. iets is fout met dié foto … Christie Brinkley staan OP die water, terwyl haar twee dogters feitlik kniediep IN die water staan??? Nee, hierdie foto is ge-“photoshop”!!! En daai tannie is al op elke plek ge”trim, pluck & tuck”.

Anna ·

As jy na haar tweet kyk sal jy sien sy sê dat sy op n appelkrat staan wat onder die water is.

andrea van vuren ·

Nee Karma, sy staan op ‘n klip. Jy mag wel kommentaar hê oor die “photoshop” ding. Hier is ‘n tannie in ons gemeente wat oor ‘n paar maande 94 jaar oud word, en glo my, sy het nog nie een plooi nie en beweeg kiertsregop tussen die res van ons rond!

Nel ·

Ja nee dis net mense wat oppi water kan loop/staan wat nooit oud word nie…:))

Theuns ·

Kyk,ek glo n vrou met n mooi persoonlikheid maak haar uiterlik ook mooi,ongeag haar grote,lengte of ouderdom.Soos die ou gesêgde maar gaan …”Die vere maak nie die voël”nie.

minki ·

Wil net vir jul manne se dit kos n plaas se prys om al die “tools” tot jou beskikking te he om so te lyk. Waardeer jul pragtige vrouens. Daar is bitter min van haar soort in die werklike lewe want daar is n hoe prys om te betaal

Johann ·

My pragtige vrou is so gebore, sy was ‘n ‘natural’, oefening deur fietsry en dit het nie ‘n plaas se geld gekos nie. Die buitelig en ‘n sprankelinde persoonlikheid het vir die res gesorg.

Henk ·

En hoe verkies jy jou melkies, in ‘n pierinkie of in ‘n sopbord ?

Pop ·

Wel as ek so kan geplastick en genip en getuck word, sal ek baie dankie sê. Ek dink sys pragtig en daai jongste van haar is ma se ewebeeld. Party mense het dit net. Sug. Ek gaan vir n week nie naby n spieel nie.?

Vir Henk en Theuns ·

Ha ha, ek sit hier met een helse smile op my bakkies!!! Jy het my dag gemaak!! Dankie Henk.

Theuns, dit is so waar wat jy sê die mooiste van die mooiste dames kan die lelikste persoonlikhede hê, dan maak dit haar sommer lelik!! ‘n Mooi gesig vergaan, maar ‘n mooi hart bly staan. Ek is eerlik lelik van buite, en mooi van binne, dankie.

Sue ·

Plastic of nie sy is pragtig. Ek sou ook genip en tuck het as ek dit kon bekostig.

Leon ·

Elke keer as ek ‘n besonderse mooi vrou sien dink ek daaraan dat daar ‘n man in hierdie wereld is, wat met haar saamleef, en al keelvol is vir haar nonsens.

Therese van Schalkwyk ·

Baie dankie, Leon, vir jou trooswoorde aan ons ander … met die mooi persoonlikhede! ;-)

Connie ·

So spoel almal hulle monde uit oor ‘n individu wat hulle van geen kant af ken nie. Almal bespiegel maar ken nie ware toedrag van sake nie. Aai ons ou nasie darem.

DC ·

Photoshop, beligting, botox, bors implantings….you name it. As jy die geld het dan kan jy skoonheid “koop”. Ek het eerder huge respek vir gewone vroue wat nie die geld het nie, maar moeite doen om hulleself te versorg, never mind hoe hulle gebou is. Hulle is nou die werklike mooi vroue.

E.K. - ek sê net! ·

Sy het beslis ‘n fantastiese figuur maar ek het al nabyskote van haar gesig gesien in artikels, die is nou maar weer gespuit en gepluk en gedoen so…Moeder Natuur is daar aangehelp en ongelukkig kan mens dit meestal sien. Die lippe is gepof en die gesig is nie glad maar met al die gespuit en gedoen is daar bietjie holtes en dongas en die glimlag is ook snaakserig. Nee genade ek bly so ver moontlik van alle drs en hospitale weg, daar is nie ‘n manier wat ek vrywilliglik myself sal laat regtrek en nog betaal vir die pyn en lyding ook nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.