Foto bewys SA is net so mooi uit die ruimte

Ruimtevaarder Tim Peake (Foto: Time Peake, Facebook)

Ruimtevaarder Tim Peake (Foto: Time Peake, Facebook)

ʼn Foto van die Britse ruimtevaarder Tim Peake het opnuut bewys: Suid-Afrika is een van die mooiste lande in die wêreld.

Peake woon en werk tans ses maande lank op die Internasionale Ruimtestasie en het Maandag dié pragfoto (onderaan hierdie berig) op sosiale media gedeel. Die foto het intussen reeds meer as 22 000 “likes” op Facebook gekry en is meer as 2 000 keer gedeel. Die foto is ook meer as 2 000 keer op Twitter ge-“retweet” en meer as 6 200 gebruikers het daarvan gehou.

Peake het ook ʼn verwysing gemaak na die komediant Eddie Izzard wat op 21 Maart in Pretoria die laaste paar kilometer gehardloop het om die uitdaging, 27 marathons binne 27 dae in Suid-Afrika, af te handel. (Lees meer)

Volg Peake gerus op sosiale media vir nog merkwaardige foto’s uit die ruimtestasie:
Facebook
Twitter

Suid-Afrika - soos gesien uit die internasionale ruimtestasie (Foto: ruimtevaarder Tim Peake)

Suid-Afrika – soos gesien uit die internasionale ruimtestasie (Foto: ruimtevaarder Tim Peake)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Uit die Ooste ·

Ja, een van die mooiste wat die ANC op gefoeter het totaal en al.

E ·

Ons het n mooi land
Ek kan onthou toe ek nog n dogtertjie was hoe trots my ouers en ooms tannie you name it op ond land was. Hoe lekker was dit net nie gewees nie! En nou? Hartseer.

Adrian ·

Pragtige land en ek sal veg vir die land maar nie vir die anc regering nie

Riekie ·

Mooiste land? Ja right!!!!! Dit was jare gelede die waarheid!!!!

KLEIN ·

Mooi foto maar dit lyk ook na `n hond se kop. Sien ek spoke of het ons hier `n honde lewe. Was nie voorheen so gewees in Suid Afrika nie.

Ek ·

Enige iets kan mooi lyk van ver….. Zoom bietjie in dan praat ons weer!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.