Foto: Blommemeisie steel die aandag by troue

Die foto wat oornag 'n internetsensasie geword het. Foto: Leah Bullard Photography

Die foto wat oornag ‘n internetsensasie geword het. Foto: Leah Bullard Photography

Op Anthony Palmer en Michelle Hall van Tennessee se troudag was dit nie die bruid wat die aandag gesteel het nie, maar haar vierjarige dogtertjie.

WBIR berig Anthony en Michelle het tydens die fotosessie ná die seremonie vir die kamera gesoen en klein Anderson het besluit sy gaan dieselfde doen en toe die klein ringdraer nadergetrek.

Volgens Leah Bullard, die troufotograaf, het Anderson heeldag loop en spog dat sy die bruid is. “Tydens die fotosessie het ek die bruid en bruidegom gevra om te soen. Anderson het natuurlik gedink ek verwys na haar.” Bullard het gesê dié oomblik het groot vermaak by die gaste ontlok.

“Hy was die beste ringdraer ooit! En ek het gedink ek was die beste blommemeisie ooit! Ons is beste vriende,” het Anderson later van haar laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Ai, die vroulike geslag darem . . .
Klein maar getrein . . . .

ELSABE ·

PEET ALWEER DIE VROULIKE GESLAG WAT SOU JULLE SONDER ONS GEMAAK HET SONDER ONS SOU JY NIE EERS DAAAR GEWEES HET NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.