[Foto’s] Boer se blink plan trek selfs oorsee aandag

boer

Foto: Verskaf

Ons weet nou al ʼn boer maak maklik ʼn plan, maar ʼn Vrystaatse boer het omtrent ʼn kreatiewe plan gemaak.

Naudé Ferreira (52) boer hoofsaaklik met mielies tussen Virginia en Hennenman. Naudé en vier van sy buurmanne vergader elke drie maande om na mekaar se lande te kyk en te praat oor die mielies.

“Die afgelope paar jaar kon ons nie veel sê oor die mielies nie omdat dit so droog was en dan het ons sommer net in die lande gebraai. Toe dit nou my beurt is, het ek besluit om hierdie stellasie te bou sodat ons mooi na die mielies kan kyk,” sê Naudé.

Hy het die stellasie op ʼn Agrico-spilpunt, wat lande natlei, gebou omdat dit stewiger is as ander spilpunte. Hy het toe die spilpunt op sy vinnigste gestel sodat min water spuit terwyl die manne braai. Die spilpunt neem ongeveer sewe ure om een keer in die rondte te draai.

“Dit het omtrent ʼn dag gevat om die ding aanmekaar te sit. Ek moes dit lekker stewig maak, want twee van my buurmanne is groot manne,” skerts hy.

Die stellasie het ook plek vir ʼn braaier, hoewel dit nie op die foto gesien kan word nie. Mens klim sommer maklik op en af met ʼn leer en Naudé sê hy en ʼn vriend het sommer hul vroue ook vir Valentynsdag op dié spilpuntbraai bederf.

“Almal wil nou op die ding ry,” lag hy. Naudé se uitvindsel het baie mense aan die skater en het selfs aandag getrek oorsee.

En waar is die yskas vir al die drinkgoed?

“Nee wat, die drankies kry nie tyd vir warm word nie…,” sê Naudé.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Ferdi ·

Dit is hoe elke dag moet wees. Vry, gelukkig en vol liefde met baie familie tyd

Daan Erasmus ·

Daai manne kyk nie vir die mielies nie. Hul kyk net vir die vleis. Soos dit hoort.

Buurman ·

Ai, dit kan net lekker wees. Bietjie hoog vir daai tjop en dop ek sal n veiligheids gordel wil he.

Chris ·

Dit is ‘n lekker lees berig wat my Suid Afrikaanse hart vinniger laat klop. Dit is darem tipies van ons Suid Afrikaners, hoe meer aanslae en uitdaging oor ons pad kom hoe meer kreatief raak ons. Ons gaan nie lê en rol om nie. Ons vat die houe op die ken , staan op skud onsself af en gaan voort. Daar is nie sprake van verwoesting of anargie saai nie. Ou gesegde, Boer maak ‘n plan. Mooi man.

Abie Greyling ·

Dankie Maroela dat julle die swak/ onnodige kommentaar verwyder het. Dié boere verdien dit nie. Dankie vir die mooi storie. Die gemeenskap gun hulle dit, ons trots op hulle, bly en dankbaar vir hulle!! Mooi so manne! Dankie boere vir kos op ons tafels. Voorspoed en sëen.

Hardes ·

Ja en ons hier in die droee kaap kan nie eers tuin natmaak of behoorlik lekker stort.

Nicoline Zeeman ·

Dit is hoe ons boere moet werk kommerloos en gelukig

Liza ·

Hierdie gee nuwe betekenis aan “Mamma ek gaan gou-gou spilpunt toe”!!! Hahahaha

Truidie ·

Sjoe, kyk net hoe hoog is daardie mielies! Voorwaar sag op die oog en hart.

Piet van Niekerk ·

Ek sou graag die installasie wil besigtig. Daar is meer gebruike en voordele as net vleisbraai.

Ilse ·

So lekker om slag ‘n berig oor ‘n boer te lees met ‘n glimlag op my gesig!
En oom – jou mielies is so mooi, ek sal ook daar bo wil sit & saam kyk!!

Niccy ·

Naudè, baie oulike plan en wat ‘n voorreg wat julle manne het om af te kan kyk op die mooi mielies. Lanklaas sulke lande gesien!

Denise ·

Lekker man lekker dit is nou bakgat alles in een die natuur die geselligheid en die braai en verversings om te ontspan !!!!!!!

Retha ·

Dit is nou wraggies oulik. Ek dink net daar moet ook ‘n dakkie oorkom vir bietjie skaduwee. Ek dink die son gaan jou andersins gaar bak.

Ruby ·

Dis mos nou oulik!

Daai lande is sy trots en wat kan nou beter wees as om die lande SO te aanskou, wow geniet dit.

Theresa ·

Geluk met jou briljante idee! EN dan is die mielies vreeslik mooi te sien. Geniet julself baie – met al die werk wat gedoen word op ‘n plaas, mag jul maar bietjie kuier hoor. Dieselfde tipe ding moet jy eintlik ontwerp vir beveiligings uitkykpunte. Hoef nie so groot soos ‘n spilpunt te wees nie – maar so hoog dat mens bo-oor als kan sien en oortreders uitoorlê.

afrikaans ·

Goeie bemarking….kan geld maak….Uitstekend en geniet

Chris ·

Regte ding om die mielie diewe te kan sien. Baie oulik en, die regte ding om weg te kom van die Ou Vrou.

Roelof ·

Hoop nou weer nie dit word negatief gesien nie , die boer sit en braai , en die res moet werk nie …..

Jozua ·

net een probleem daai stellasie is bietjie hoog , manne moet stadig tap aan die voggies
!

petro ·

So lekker om bietjie positiewe nuus te lees maak mens se hart sommer warm klop geniet die braaivleis julle verdien dit

vermeende ·

Die hartste maar die lekkerste beroep wat daar is en dadelik dink ek aan die volksliedjie, Mamma ek wil n man he………..
So lekker om boer te wees!

Dirk Breytenbach ·

‘n Bietjie humor en positiwiteit is presies wat ons nodig het!

Paul ·

Die boere het keelvol geraak, omdat hulle dikwels as stoepsitters getipeer is. Nou is hulle mielie kykers. :-) Die cliché: “Deur die blare” het nou ‘n nuwe maar positiewe betekenis! :-)

Veronica Osborne ·

Baie goeie idee, glo net die afkom is stadiger as die opgaan, maar ons boere gaan nie lê nie, Hiep Hiep Hoera vir al ons boere xx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.