Foto: Dokters eer kind se onselfsugtige besluit

Die foto wat wyd op sosiale media versprei word. Fotograaf onbekend.

Die foto wat wyd op sosiale media versprei word. Fotograaf onbekend.

ʼn 11-jarige in China wat met breinkanker gediagnoseer is, het sy ouers versoek om sy organe te skenk sodra hy sterf.

Liang Yaoyi se droom was om eendag ʼn dokter te word en mense se lewens te red. Hy het aan sy ouers gesê om sy organe te skenk was ʼn manier om dié droom te bewaarheid. Yaoyi is Vrydag oorlede.

Dokters het voor Yaoyi se liggaam gebuig om eer te betoon voordat hulle sy organe uitgehaal het.

Dié foto word wyd op sosiale media versprei wanneer lesers van die seun se onselfsugtige besluit te hore kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paul ·

Waarom is dit onselfsugtig? Hy is dood – hy het dit nie meer nodig nie.
Dis soos iemand wat klere wat te klein geword het, weggee. Dis nie onselfsugtig nie, dis maar net prakties.

Adoons ·

Paul, hy was nog lewendig toe hy die goedkeuring gegee het. As dit so vanselfsprekend was dat ‘n dooie se organe geskenk word, sou daar nie veldtogte gewees het om mense aan te moedig om dit te doen nie.

Leeutjie ·

Paul dit is duidelik dat jy ‘n linkerbrein mens is (as hy mos dood is, is hy mos dood). Vir ons regterbrein mense is dit ‘n onselfsugtige daad van ‘n 11 jarige seuntjie om aan ander mense dele van sy liggaampie te gee. Wat ‘n merkwaardige kindjie!

Leeutjie ·

Paul dit is duidelik dat jy ‘n linkerbrein mens is (as hy mos dood is, is hy mos dood – denke van ‘n linkerbrein). Vir ons regterbrein mense is dit ‘n onselfsugtige daad van ‘n 11 jarige seuntjie om aan ander mense dele van sy liggaampie te gee. Wat ‘n merkwaardige kindjie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.