Foto: Komiese liefdesteleurstelling maak opslae

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man se teksboodskap, waarin hy redes verskaf waarom hy die verhouding wil verbreek, word wyd op sosiale media versprei.

Die teksboodskap is só komies dat die meisie se Australiese vriendin, Amy Nelmes, dit op sosiale media begin versprei het. Die paartjie was glo sewe weke lank in ʼn verhouding.

Amy se oorspronklike twiet met die teksboodskap is al meer as 14 000 keer gedeel en meer as 20 500 mense het dit al as ‘n “gunsteling” gemerk.

Hier is die man se redes:

1. Jy het geweier om jou verhoudingstatus op Facebook te verander.
2. Jy sluit my nie by dinge soos die afgelope naweek se troue in nie. Ek moet die een wees wat jou vergesel.
3. Jy is ongeskik met my kat en dit maak my ongemaklik.
4. Jy deel nie jou tyd regverdig nie en teen hierdie tyd behoort jou kêrel voorrang te geniet.
5. Jou gevloekery is onvroulik.
6. Jy wil nie sê hoeveel bedmaats jy al gehad het nie, wat my laat dink dis meer as drie, en enigiets meer as dit is onaanvaarbaar.

Foto: @amynelmes, Twitter

Foto: @amynelmes, Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

pieter ·

Sy kop raas nie net n biekie nie hy is toetaal kens . Jy aanvaar mos iemand vir wie sy is en vir daai reede maak dit die lewe intresand om n perspetief hoe die lewe kan wees is mos lekker hoekom iemand virander vir wat gaan jy dan in n virhouding in om te virloor . Maarnou ja tenmiste maak hy die lewe koemielik vir ons ander …….. ha ha lamga

Leeutjie ·

@ Pieter. Jy het my so lekker laat lag maar ek wil net jou stukkie herhaal, nie om lelik te wees nie want ons is nie almal so gelukkig om die kuns van spelling te ken nie. Jy klink rerig vir my ‘n oulike mens met wat jy se en die feit dat jy ‘n goeie humorsin het doen dit vir my!

Ek haal aan:
Sy kop raas nie net ‘n bietjie nie en hy is totaal kinds. Jy aanvaar mos iemand vir wie sy is en vir daardie rede maak dit die lewe interessant, en om perspektief te gee hoe die lewe kan wees is mos lekker. Hoekom iemand verander en vir wat gaan jy dan in ‘n verhouding in om te verloor. Maar nouja, tenminste maak hy die lewe komieklik vir ons ander … haha…lmga!
LW: Ek het net op die spelling gekonsentreer.

Trish LaVerne ·

Nee wat mannetjie. Jy sit die pot mis. Geen man moet ‘n vrou verander om hom te pas nie en andersom. 7 Weke! Goeie gros. Die meisie is beter af onder hom. Besitlik se moses! Jong mene kys mos om die ander persoon beter te leer ken, dan verloof en hopelik ken die paartjie mekaar goed genoeg, ….is al die jakkalies uitgeorteer…..en kan hul trou. Gelukkige meisie! Sy spring JARE se mishandeling vry.

Leeutjie ·

Hoe lekker lag ek nou Paul. Goed gese! Hy is beter af alleen as met iemand met so klomp geraamtes in die kas!

Nina ·

Seniele vent. 7 weke en hy wil klaar aan haar verander. Ongeskik met sy kat? Whahahaha!!!!!!!

Ulandi ·

Well done ou, love jou nommer 3! Katte is awesome en mense moenie ongeskik wees met hulle nie!!!

Patat ·

Ek dink eerlik sy redes dra water. Uit wat ek kan aflei, pas hulle nie bymekaar nie. Sy kan nou maar vir haar ‘n losbol kry, en hy vir hom ‘n nooi met waardes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.