Foto van honde se ‘drukkie’ red hul lewens

Foto: Malena Evans/Facebook

Foto: Malena Evans/Facebook

ʼn Foto van twee honde in ʼn skuiling wat mekaar ʼn ‘drukkie’ gee, het hulle van ʼn gewisse dood gered.

Die foto van Kala en Keira is Maandag op die Angels Among Us Pet Rescue-skuiling se Facebookblad gelaai waarna dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. “Presies twee uur en ses minute. Dit is hoe lank dit die fantastiese gemeenskap van diereliefhebbers geneem het om saam te staan en die lewens van twee hondevriende te red,” het die organisasie later in nog ʼn inskrywing gesê.

’n Foto van Kala en Keira saam met hulle nuwe eienaar is hierna op Facebook versprei. Die honde sou dieselfde dag van kant gemaak gewees het as niemand hulle nie aangeneem het nie.

Kala en Keira saam met hul nuwe eienaar. Foto: Facebook

Kala en Keira saam met hul nuwe eienaar. Foto: Facebook

“Ek is Kala. Dit is Keira. Ons is so bang hier binne. Die mense in die skuiling sien hoe bang ons is, maar hulle het pas vir mekaar gesê vandag is ons spertyd. Iemand moet ons red anders is ons volgende. Keira weet wat sal gebeur. Jy kan dit in haar oë sien. Sy maak of sy dapper is, maar ek kan voel hoe haar hart klop terwyl ek aan haar vasklou. As niemand ons red nie gaan iemand haar van my af wegneem.

“Ek sal haar sien wanneer sy in die gang af gaan. Sy gaan nie terugkom nie en ek sal huil. Hulle sal my volgende kom haal en ek sal nie so dapper wees nie. Ons het mekaar getroos terwyl ons hier was. Sy het my hoop gegee toe ek nie gehad het nie. Nou is dit verby. Behalwe as . . .” het die inskrywing by die oorspronklike foto gelui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

neelsie ·

Het jare gelede ook n Boston en Wors gehad, hulle is reeds salig.Wonderlike “vriende”.

Van ·

ag siestog, dit breek my hart, maar ek is so bly vir hierdie man wat die twee woefies gered het, DANKIE vir jou goeie hart..

Tania ·

Baie baie dankie vir die persoon wat die twee honde aangeneem het. Daar het trane oor my wange geloop toe ek die artikel lees. Dankie tog daar is nog mense daar buite wat ‘n hart het en uitreik na ons diere kinders. Ek het my honde sommer ‘n ekstra drukkie gaan gee.

PIXIE ·

Ek stem saam, duisend dankies vir die persoon wie die twee hondjies aangeneem het. Was daar tog maar meer mense soos jy hier in Gauteng. Gee tog vir elkeen ‘n drukkie van my af. Ek het 16 weggooi honde kinders en gisteraand was ek eensaam en hartseer en my een bokhondjie het my gesig kom lek en my getroos. Ek het sommer daarna stukke beter gevoel.

Rina Rossouw ·

Ag baie dankie – vir die honde storie……Ek was in trane, Hy lyk na ‘n oulike mens wat die honde mooi sal oppas…. Waardeer mooi stories vir verandering.

Lise ·

Gaan dit nooit ophou nie?! Diere en kinders wat weggegooi word, mense sonder kinders, kinders sonder ouers en diere sonder base. Ag Here, help ons. Dankie barmhartige samaritaan dat jy vir Kala en Keira aangeneem het. Mag God jou ryklik seën en in al jou behoeftes voorsien om mooi na hierdie twee diertjies te kyk. En ek glo dat Kala en Keira jou beste vriende sal word en vir jou jare se plesier gee. Bless you!!

Nicolette ·

Baie dankie diere-engel vir dit wat jy vir die 2 hondekinders gedoen het.God sal jou seen want hulle is Sy skepping ook.

Anita ·

Ek wens so daar kom ‘n wet inwerking dat alle honde gesteriliseer moet word of jy moet registreer as ‘n teëler. Asook ‘n lisensie vir elke hond.

My hart kry SO seer elke keer as ek weggooi en verwaardelose diere sien :-(

Ek liefie my Jesse so baie, alle diere verdien haar lewe.

jaycee ·

Jou voorstel oor wetgewing in hierdie verband ondersteun ek ten volle. Blink gedagte.

Leonie ·

Ek was nou op hulle fb page en dit lyk nie of hulle aangeneem is nie. Maroela kan julle vir ons uitvind? Elke ou op die blad het ‘n ander storie. As hulle nie so ver was nie sou ek hulle aangeneem het.

Sune van Heerden ·

Dagsê Leonie,

Dankie vir jou navraag. Die twee is tans in veilige sorg, maar nog nie amptelik aangeneem nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rene ·

Hoe lekker tjank ek nou by die werk toe ek die berig gelees het! My facebook is oorlaai met elke dag se gebeure met honde en diere daar buite! Wens elke hond word aangeneem dat niemand hoef te sterf want hulle is so lank by die “shelter” nie…. My hart word elke dag gebreek deur mense wat diere weggee of weggooi. Ek haal my hoed af vir mense wat diere aanneem… Dis n wonderlike engel wat gestuur is om honde aanteneem

Leonie ·

Baie dankie Sune! Dis baie goeie nuus. Dis die oulikste foto ooit!

Wil net weet ·

Goeiedag

ek wil net graag uitvind of hulle wel aangeneem gaan word? As hulle tans in veiige sorg is, is dit goed. Ek wil net nie he hulle moet oor n paar dae weer deur die trauma gaan nie. As Maroela media GROOT ASB ons op hoogte sal hou met die “journey” van die 2 sal ek waardeer.

Corrie Steyn ·

Ek is n groot diere liefhebber, en wat ek hierbo gelees en gesien het breek my hart,baie dankie vir die persoon wat tot hulle redding gekom het, As die mense wat van hulle diere ontslae raak net wil besef watter trauma daai diere deurgaan, dan sal hulle besef hoe verkeerd hulle is. Honde en katte het ook n lewe, al besef hulle nie altyd wat vir hulle kan voorle nie. groot asseblief moenie hulle net weggooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.