Foto’s: 12-jarige se “wetenskap-eksperiment” spoel 50 jaar later uit

Foto’s volg onderaan die berig. Dennis Komsa was 12 jaar oud toe hy in 1963 ʼn bottel met ʼn boodskap daarin in die Atlantiese Oseaan naby Jersey Shore in Amerika gegooi het.

Norman Stanton (53) het in Oktober 2012 dié bottel, slegs sowat 300m verder, in New Jersey opgetel. Na verwagting het Superstorm Sandy die bottel uitgespoel.

“Dit was amper of iemand dit móés optel,” het Stanton aan die Asbury Park Press gesê. “Daar was ʼn handgeskrewe brief, ʼn muntstuk uit 1958, en ʼn koevert met Komsa se adres in New Jersey, in die bottel.”

“Aan wie dit mag aangaan,” lui die briefie. “Voltooi asseblief die volgende vrae en pos dit aan my. Hierdie is ʼn wetenskap-eksperiment deur Dennis Komsa, 12 jaar oud.” ʼn Reeks vrae volg dan.

Komsa, Stanton en Stanton se suster, Sharon Roher, het mekaar Saterdag vir ʼn middagete ontmoet. Arthur Fierro, die president van die huiseienaarsvereniging in Seaside Heights, het die ontmoeting gereël. Komsa is nou 61 jaar oud en bly in Hillsborough, New Jersey. Hy was verstom en geïnspireer deur die bottel se ontdekking. “As ek hierdie bottel kan gooi en kan glo dat dit terug sal kom, dan kan Seaside ook [ná die ramp] herstel en sal selfs beter as vantevore wees,” het hy gesê.

[nggallery id=152]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.