Foto’s: 15 leeus in een boom

Foto: Bobby-Jo Clow (via CatersNews)

Foto: Bobby-Jo Clow (via CatersNews)

Die fotograaf Bobby-Jo Clow van Dubbo in Australië se foto van ʼn trop van 15 leeus wat in ʼn boom lê en rus, word wyd op sosiale media gedeel.

Clow (32) het dié merkwaardige foto in die Serengeti in Tanzanië geneem. Volgens hom is die leeus nie besig om hul prooi dop te hou nie, maar hulle vlug eerder vir die vlooie in die lang gras.

“Ek het in ʼn stadium 15 leeus getel,” het Clow gesê. “Wanneer jou gids self sy kamera te voorskyn bring, weet jy dit is iets baie spesiaal.”

Bron: CatersNews

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Vlooi vlooi vlooi wat soek jy in my kooi ?
Waarom gebeur so ‘n uitsonderlike gebeurtenis net met buitelanders en nie met boorlinge ?

Petro van Wyk ·

Wel, mens leer darem een ding hieruit en dit is dat vlooie nie kan boomklim nie!

Eliza-beth ·

Hoe lekker lê die groot katte in die boom! My honde moet dan begin boomklim in die somer – bosluis- en vlooipoeier kos baie : D

HkL ·

HvdW as jy die artikel gelees het, sou jy sien die foto is in die Serengeti in Tanzanie geneem.

HB ·

@ HvdW: Die foto is in die Serengeti geneem, nie Australia nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.