Min mense het ʼn beter uitsig op asemrowende natuurtonele soos vlieëniers, en ʼn Boeing 747-vlieënier het besluit om dié tonele met almal te deel.
“Van jongs af is dit al vir my ʼn groot vreugde om die prag van natuurlike lig in al sy vorme vas te vang,” skryf die Nederlander Christiaan van Heijst op sy webwerf. “Later het ek dit met vlieg gekombineer en ʼn nuwe passie het ontstaan. Ek sien die hele wêreld danksy my beroep, en ek is bevoorreg om in ʼn posisie te wees waar ek verskillende dele van die planeet met my kamera vas te vang en dan dié skoonheid te verewig.”
Van Heijst (33), ʼn vlieënier vir Cargolux, Europa se grootste vraglugredery, gebruik ʼn Nikon D800 om die donderstorms, sonsondergange, volmane en selfs noorderlig af te neem.
Hy het al verskeie National Geographic-pryse ontvang vir sy foto’s.
Besoek sy webwerf vir nog foto’s
Ongelooflike mooi foto’s. Dankie Maroela Media dat julle ons bewus maak van die mooi in die wêreld. Ek kom loer gereeld in by die webblad Die wêreld in foto’s, dit lig my gemoed sommer met 90% na ñ dag vol stress.
Pragtige fotos. Waar kan mens nog van sy fotos sien
Só mooi!
Dis ongelooflike pragtige natuur verskynsels wat hy vasgele het met sy kamera!Hy is voorwaar ‘n bevoorregte mens!
Dit is soos God se taal…….so mooi!