[Foto’s] 80 Kersbome lok besoekers na dié kroeg

Die Churchill Arms in Kensington, Londen

Die Churchill Arms in Kensington, Londen

Die Churchill Arms in Kensington, Londen, het vanjaar alle vorige rekords verbeter en altesaam 80 Kersbome en 18 000 Kersliggies aan die gebou vasgemaak.

Die eienaar, Gerry O’Brien, het dié kroeg bekendheid laat verwerf vir sy feestelike uitstallings vir die afgelope 30 jaar.

Die kroeg spandeer jaarliks meer as £30 000 aan versierings, met £25 000 aan blomme om die kroeg tydens somermaande te versier.

Dit het werknemers meer as ʼn week en ʼn half geneem om die indrukwekkende Kersversierings vanjaar te installeer.

Een van die gereelde besoekers het op 3 Desember die voorreg gehad om die liggies aan te skakel. Dié 81-jarige is al jare lank ʼn gereelde klant en sy is glo verkies as die Churchill Arms se burgemeesteres.

Persone van oor die wêreld heen besoek jaarliks die kroeg om die Kersversierings te sien.

Die kroeg in Kensington Churchstraat naby Notting Hill-hek, gebou in 1750, het eers as die Bedford Arms bekend gestaan. Dit is ná die Tweede Wêreldoorlog na Winston Churchill en sy grootouers, wat die kroeg gereeld besoek het, vernoem.

Besoek die Churchill Arms se Facebook-blad en webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.