[Foto’s] 900 angeliere vir sy Valentyn

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Hoërskoolseun van Utah in die VSA het besluit om nie net Valentynsdag vir sy meisie spesiaal te maak nie, maar vir elke meisie in sy skool.

Hayden Godfrey, ʼn leerder aan die Sky View High School in Smithfield, het 900 angeliere vir Valentynsdag gekoop, een vir elk van die 834 meisies in sy skool. Volgens Godfrey wou hy seker maak elke meisie voel spesiaal op Valentynsdag, aangesien hy op baie Valentynsdae niks kry nie.

“Ek weet hoe dit voel [om niks op Valentynsdag te kry nie]. Ek dink nie enigiets kan vergelyk met die gevoel om te sien hoe elke meisie in jou lewe ʼn blom vashou terwyl hulle deur die skoolgange stap nie. Dit was beslis die moeite werd,” het hy gesê.

Volgens Godfrey was sy meisie heeltemal ten gunste van die idee. Hy het foto’s van sy mooi gebaar op Facebook gedeel en die inskrywing is binne ʼn dag meer as 2500 keer gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

pop ·

Wat n pragtige gebaar. Daai meisie moet maar mooi na hom kyk. Hys goud werd

SNEL ·

Ja-nee wat, ek kry ook geen blom of blaar nie, maak nie saak verjaarsdag, valentynsdag of n kraamdag in saal B nie. Hoop net nie my kis sak eendag nog dieper in die grond in af oor al die blomme wat dan daarop gesit word en wat ek dan nie eers met my stofgevulde oë kan sien nie. Waar is “Jan-maak-‘n-plan” dat hy vir my en Humor bietjie raad kan gee…. Ek moet sê, buiten blomme word ek darem lekker bederf, so wat is n ou blommetjie dan nou tussen geliefdes en ja, gee my eerder n potplant of ding met wortels wat kan hou en hou en groei en groei en wat ek elke dag van die jaar, in en uit na kan kyk en geniet en terug kan dink aan daardie goue oomblik toe ek hom as n geskenk gekry het. Dis mos beter as iets wat net n rukkie hou.
Hierdie seun het n goeie hart om so uit sy pad te gaan om die dag spesiaal vir ander te maak. Daar is so baie mense wat nie eers meer meegevoel met ander het nie, maar hy gaan uit sy pad uit om n glimlag en n warm gevoel in ander se harte te bring. Baie goed van hom.

Tanya ·

Ai tog, my seun wou dieselfde doen en hy is maar 11! Hy wou net graag vir die klas meisies elk een ‘n blom gee, maar ek as enkel ouer kon dit ongelukkig nie bekostig nie. Ek gaan verseker geld spaar nou sodat hy dit volgende jaar kan doen! Dis so n mooi gebaar!

Amanda Van Vuuren ·

17 Feb

So pragtig! menslikheid in sy beste vorm! Welgedaan jongman!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.