[Foto’s] 99-jarige se vreemde versoek

Foto: Facebook/Politie Nijmegen-Zuid

Foto: Facebook/Politie Nijmegen-Zuid

Almal het ʼn wenslysie van dinge wat hulle nog graag wil doen. Sommige mense wil graag oorsee gaan vakansie hou en ander wil uit ʼn vliegtuig spring. Maar dié 99-jarige vrou se wenslysie lyk so bietjie anders.

Annie (99) wou bitter graag gearresteer word, aangesien sy nog nooit die binnekant van ʼn tronksel gesien het nie.

Volgens die polisie in Nijmegen, Nederland, het Annie se kleindogter dié “spesiale” geleentheid vir haar gereël.

Die plaaslike polisie laat nie mense wat nie misdade gepleeg het nie in die selle toe nie, maar hulle het ingestem om ʼn spesiale vergunning vir Annie te maak.

Die polisie het Annie by haar huis kom haal en daar “gearresteer”. Annie is geboei en in die tjoekie gegooi. Oftewel, sy kon vir ʼn paar minute in die sel sit terwyl polisiemanne ʼn paar kiekies van haar neem.

Volgens Annie se kleindogter het Annie haarself gate uit geniet…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gys ·

Lekker lag ek vir ouma nou. Dankie vir die polisie wat n bok vir sports was. :)

Geesie ·

Ai ons suid afrikaners kort van tyd tot tyd sulke oulike nuus!!!

Ekke ·

Dierbaar, kyk Ouma se boeie was losgemaak om haar in die polisie stasie in te lei!

Jane ·

Ouma kan bly wees dit was in Nederland, hier sou ouma nie weer lewend anderkant uit gekom het nie. Vreemd hoe verskillend mense is, inhegtenisneming is die LAASTE ding wat ek op my bucket list het. Maar dis ‘n cute storie.

Carol ·

En so kry elke diertjie sy plesiertjie. Geluk aan die oumatjie.

Adoons ·

Ouma is te dierbaar vir woorde. Pleks sy ‘n tronk gaan beroof!

John ·

Nee Ouma. Voel sy skuldig oor iets waarvoor sy straf moes uitdien? Dis vreemd verby.

Johanna Botha ·

Ai ouma hier in SA word mense regtig verskye kere gearesteer en dan vrygelaat of ontsnap uit aanhouding …wat ook n grap is op n heel ander vlak.

Frikkie ·

Hi John, dit het die oumatjie nou wel 99jr geneem om na vore te kom maar tenminste het sy haar wens gekry. Niemand sal weet wat se pad die ou mensie geloop het nie. Kom ons drink ‘n Bells op oumatjie

Leonie ·

Ag moeder dis oulik! Dankie Maroela vir ‘n oulike storie!

Theresa B ·

Ag siestog – is dit nie sweet nie. Oulik van die Polisie om die vergunning te maak. Wat ‘n wonderlike ouderdom en dan het sy nog soveel pret ook. LOL!!

Zettispagetti ·

Daar is net weer n bewys dat daar baie dinge is wat ons spyt is ons nooit hanteer het nie
– dalk wou sy uieindelik haar vrese in di oë kyk?

Grotman ·

Come on guys.! What about Interogation and full body search? Do it right please! The lady is 99years old and must be hidding something.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.