[Foto’s] Almal gaande oor oupa se grootste teddie

Maddie Gonzalez en haar yslike teddie (Foto: @brina_lioness, Twitter)

Maddie Gonzalez en haar yslike teddie (Foto: @brina_lioness, Twitter)

Oupas en oumas se grootste plesier in die lewe is waarskynlik om hul kleinkinders te bederf – dié oupa se geskenk het sosialemediagebruikers gaande.

Die vyf maande oue Maddie Gonzalez se oupa, wat by die groothandelaar Costco werk, het ʼn foto van homself by yslike teddiebere op Facebook gepubliseer. Maddie se ma, Sabrina Gonzalez, het daarop kommentaar gelewer en gesê: “Maddie kort een van daardie bere”. Oupa Gonzalez het egter die grappie ter harte geneem.

“Toe ek weer sien, kry ek ʼn boodskap van hom om te sê hy het vir haar een gekoop,” het Sabrina aan Buzzfeed gesê.

Sabrina, van San Jose in Kalifornië, het ʼn foto van Maddie met haar nuwe teddiebeer op Twitter gepubliseer en dit is sommer gou meer as 40 000 keer gedeel op Twitter en meer as 61 000 gebruikers het van die foto gehou.

Een van die gebruikers het reageer en geskerts: “Dit lyk nie of sy ‘n teddie het nie, dis eerder asof die teddie ‘n popdogtertjie gekry het!”

Sabrina het gesê sy is nie besorg oor die teddiebeer se grootte nie – alhoewel dit byna die hele vertrek vol staan. Sy het bygevoeg sy sal dophou wanneer Maddie met hom speel “sodat hy nie op haar val of iets nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Denise ·

Dit is nou regtig oulik van die oupa gewees n baie oulike Groot Teddie Beer!!!

Ina ·

Wat ‘n lekkerlees storie! Wens ekt so beer gehad….kan lekker relax in daardie groot arm met ‘n koppie tee. Dankie Maroela vir lekkerlees stories ook.

Kandas ·

Ek wil ook een hê! Heerlike groot rug om agter te slaap tydens ‘n koue wintersnag.

Marianne ·

Oupa se hart is net se groot soos sy beer!!!
Kleinding sal vir jare met daardie meneer van ‘n beer kan warm slaap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.