[Foto’s] Almal is prinsesse toe sy aangeneem word

Danielle tydens die verhoor (Foto: Bored Panda)

Danielle tydens die verhoor (Foto: Bored Panda)

Foto’s van die vyfjarige Danielle Koning se aannemingsverhoor, waar almal in die hof soos Disney-karakters aangetrek het, roer die harte van miljoene Facebook-gebruikers.

Volgens die webwerf Bored Panda het almal wat betrokke was by dié verhoor op versoek van die welsynwerker Disney-klere aangetrek om die verhoor vir Danielle spesiaal te maak.

Danielle, van Grand Rapids, Michigan, het op 16 Junie die laaste verhoor bygewoon saam met haar aanneemouers, Jim en Sarah Koning. Sy woon sedert 2014 saam met haar ander aanneemsussie by die Konings.

Laura Mitchell, uitvoerende direkteur van Samaritas se voogouerprogram, het gesê die personeel doen alles in hul vermoë om die kinders meer gemaklik en spesiaal te laat voel.

“Dit is ʼn baie betekenisvolle dag. Dié verhoor is ʼn viering dat sy nou ʼn familie het wat vir haar lief sal wees en by wie sy gaan bly. Dit is ook ʼn bewys van die liefde en deernis wat die maatskaplike werkers vir die kinders het,” het Mitchell vertel.

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Edelweiss ·

n Baie mooi storie! Ek wil net daarop wys dat daar bestaan nie mee iets soos n welsyns werker nie – die korrekte term is maatskaplike werker ?

Joan ·

Potato potata tomato tomata – almal verstaan wat welsyn werker beteken ?

Thea Gerber ·

Dis in Amerika hierdie. Daar praat hulle nog van ‘n ‘social worker”.

Lise ·

Pragtige storie!! Alle sterkte vir Danielle, haar sussie en ouers. En mag Danielle altyd ‘n prinses bly in haar hart!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.