[Foto’s] Amerikaanse veghond het uiteindelik sy eie kat

Hond-en-kat

Foto: Bored Panda

Bubba, ʼn sesjarige Amerikaanse veghond met ʼn liefde vir katte, het uiteindelik sy eie katte-maat. Dié optelhond het volgens sy aanneem-ma, Rebecca Pizzello, reeds as klein hondjie besonder tuis gevoel saam met katte. “Ek het Bubba gekry toe hy drie maande oud was en my kamermaat het destyds na ʼn paar katjies omgesien. Dié spulletjie het onmiddellik oor die weg gekom,” sê sy.

Pizzello woon tans in New York in die VSA en het besluit om ook ʼn optel-kat aan te neem. “Ek wou nog altyd vir Bubba ʼn kat-maat kry. Ek het net gewag totdat ons in New York kon woon. Rue en Bubba is dieselfde kleur en ek het geweet Bubba sal so bly wees oor sy nuwe maat.”

Dié mens-ma sê haar twee “kinders” kom so goed oor die weg – en dat Rue die kat, baie tuis voel saam met Bubba. Rue het die eerste aand sommer bo-op Bubba aan die slaap geraak. Ek dink dié twee gaan goed saam grootword.”

Dis nou ʼn gelukkige einde aan “elke hond kry sy dag…”.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

leon ·

Aan die 3 kommentare hierbo dankie nou kan n paar mense sien pitbulle is liefde volle honde net soos enige ander hond. Pitbulle is NIE mens agresief nie. Inteen deel pittys is 5de op die lys, wereld wyd wat mense aanval. Rotties en duitse herders dobbermin is bo aan lys. Pitbulle het deursettings vermoe en is lojaal en brute krag om sy mense om hom te beskerm.

leon ·

Aan die 3 kommentare hierbo dankie nou kan n paar mense sien pitbulle is liefde volle honde net soos enige ander hond. Pitbulle is NIE mens agresief nie. Inteen deel pittys is 5de op die lys, wereld wyd wat mense aanval. Rotties en duitse herders dobbermin is bo aan lys. Pitbulle het deursettings vermoe en is lojaal en brute krag om sy mense om hom te beskerm.

Karma ·

Leon, vertel daai stukkie oor die liefdevolle geaardheid van Pitbulls vir iemand wat deur so ‘n hond verskeur is. GSD’s is wel die aggressiefste honde en daarna volg Rottweilers en Boerboele. Maar daar is g’n manier wat ek ‘n Pitbull vir myself sal aanskaf nie. Dié vrou dink nou “Oe, dit is tog so oulikies, die Pitbull en sy kat-maatjie wat saam lê en speel en alles”. Maar wag net tot die dag dat daai Pitbull besluit hierdie kat is nou honde-kos! Dan is dit net bloed en derms en daai kat het ne ‘n (letterlike) kat-se-kans-nie!

SkarrelKind ·

leon – ek stem saam – dis hoe mens hulle groot maak. En Karma – daar is nie ‘n ombeskofte hond nie – net ‘n onkundige of agresiewe eienaar. As hulle saam groot word, is die risiko laag. Jou komentaar is oningelig, veral as dit baie veghonde kom.

Rene ·

Aaneem diere bring soveel Liefde en plesier…. Dankie vir die deel

Kallie du Plessis ·

Vir my ook dierbaar MAAR moet nooit die instinkte van honde onderskat nie.

Nastassja ·

Ek het presies dieselfde Amerikaanse Pitbull en asook my ginger kat en hul is beste maats. Ek het hulle al vir jare. En is die liefbaarste diere ooit. Erg oor mekaar. Mense kan maar wat se oor Pitbulls. Dit gaan oor hoe jy hul groot maak en hoe jy hul hanteer. En dit kan jy vir enige persoon vra wat met Pitbulls, boerboele of rottweilers of enige tiepe hond teel.

Gert ·

Dit laat my dink aan my bullterrier (Nala). ‘n Vriendin het ‘n ruk terug by my gewees vir ‘n paar dae en sy het so swart kat. Ek ws bang Nala sal die kat byt as sy dit sien, maar toe die kat uit haar kamer sluip ws Nala onmiddelik daar. Die uitdruking op haar gesig het alles gese. Die kat een kyk gegee om gedraai en weg geloop. Duidelik benede haar waardigheid gewees om self die kat se bestaan te erken. Sy het die paar keer daarna presies die selfde gedoen. Arme kat het seker ‘n minderwaardigheids kompleks ontwikkel na die “ignores” wat dit gekry het.

charlene ·

Hoekom veroordeel die mense honde so erg, die MENSE wat sleg is wat pitpull `n slegte naam gee!!! Dis gaan oor hoe jy `n hond groot maak. Ek is dan deur `n liefdevolle bok hond gebyt en mos meer as 15 steke kry! As jy die hond met liefde groot maak en met liefde hanteer sal daai hond jou beste vriend wees. Diere jan liefdevol wees as jy as eienaar hulle reg groot gemaak het en hulle nie mishandel nie – onthou ook net as `n hond mishandel was (al is dit nie deur jou nie) is dit net soos met `n normale mens, daai krakies is daar, die pyn is daar die skade is gedoen. Maar Maroela dankie vir julle vir die pragtige smile beitjie berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.