[Foto’s] Amerikaner gee nuwe betekenis aan ‘baard’

Incrediblebeard (Foto: Instagram)

Incrediblebeard (Foto: Instagram)

Wat is ʼn baard? As jy dié vraag aan die internet-sensasie Incrediblebeard sou vra, sou hy sonder huiwering antwoord dat ʼn baard ʼn kunswerk behoort te wees.

Sosiale media is behoorlik aan die gons oor dié Amerikaner wat aan sy aanhangers bekend is as Incrediblebeard, se “baardskeppings”.

Sy baard kan in byna enigiets getoor word: van ʼn gevlegte poniestert tot ʼn sport-helm en die ringe van die Olimpiese Spele. Selfs nie eens Bloubaard sal vir hom kan kers vashou nie.

Incrediblebeard weier egter om die geheim agter sy weelderige baard aan aanhangers te verklap.

Verlede jaar het dié man ʼn aanlynwinkel, Incrediblebeard, geopen wat T-hemde, baardolie en ander benodighede vir ʼn blinkende baard verkoop. ʼn Gedeelte van die winste gaan aan verskeie van sy projekte wat onder meer poog om wêreldwyd skoon water aan kinders te verskaf.

Incrediblebeard het met sy jongste skeppings op Instagram gespog.

Besoek ook die Incrediblebeard-aanlynwinkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.