[Foto’s] Arend vlieg byna met kind weg

Die Arend probeer die seuntjie met sy kloue optel (Foto: Instagram via 55Chris)

Die Arend probeer die seuntjie met sy kloue optel (Foto: Instagram via 55Chris)

Toeskouers by ʼn wildleweskou in Australië het Dinsdag verstom toegekyk toe ʼn arend ʼn jong seuntjie vir prooi aangesien het en op hom toegesak het.

Die BBC berig die seuntjie, wat glo tussen ses en agt jaar oud is, het ongedeerd, met slegs ʼn vlak sny aan sy gesig, daarvan afgekom.

Toeskouers by dié skou in die Alice Springs Dessert Park het gesê die arend het glo probeer om die seuntjie “soos ʼn klein dier” op te raap met sy kloue.

Christine O’Connell, een van die toeskouers, het ook vertel die arend het glo van ʼn geskatte afstand van 15 meter op die seuntjie afgepyl.

“ʼn Man wat nader aan die seuntjie gesit het, het gesê die kind het glo sy ritssluiter voortdurend op en af beweeg. Die geluid hiervan het die arend se aandag getrek, en die arend het probeer om hom met sy kloue te lig,” het sy gesê.

Wildbewaarders het egter gou tot sy redding gekom.

ʼn Ondersoek na die voorval word gedoen.

Bron: BBC, UPI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Arendliefhebber ·

Kan jy jou oe glo dat daar nie gepoog word om die bedreigde seuntjie te red nie, maar dat ‘n onbetrokke iemand dit op kamera wil vasle?

DewaldS ·

Ons praat hier van ‘n breukdeel-van-‘n-sekond gebeurtenis – dit was waarskynlik oor-en-very voordat iemand kon beweeg? Die fotograaf was baie gelukkig om dit te gekliek het.

Theresa ·

Die aanhoudende (en sekerlik baie irriterende) oop-en-toemaak van die rits het die arend se aandag getrek. Leer ook die kind om die natuur te respekteer. Roofdiere en -voëls is presies dit.

E.K. ·

Daai kind sou my net so iriteer het met sy gezippery! Die arend se oe was waarskynlik groter as sy maag!

Cheryl ·

Wil nie bespiegel nie, wonder of dit die kind se ma is wat eenvoudig net sit en toekyk.. En al is dit nie die ma nie.. watter tiepe mens is sy, dat sy net sit… Waglik…..

Deon ·

Dit het vinniger gebeur as wat jy die woord ” walglik” kon tik…..kalm met die kritiek….

Genie ·

Cheryl met alle respek gesê, jy sal in bietjie meer tyd in die natuur moet deurbring. Kom ons wees net bly dat die seuntjie nie ernstig beseer is nie.

JaNee ·

Cheryl.
So iets gebeur in ń oogwink oor en verby. Jy sien nie eens die seuntjie reageer nie.

Ian ·

Lekker lag ek nou vir Cheryl. Dis nie asof die arend doodluiters op die kind afgestap het nie. Hierdie dinge gebeur in n breukdeel van n sekond. Lyk die ma vir jou na n ninja wat supervinnige bewegings kan maak?

KarooKlong ·

Die natuur moet darem ook sy plek ken.
Lyk die kind dan nou soos ‘n macburger vir die voël?

Kleintjie ·

Bly die seuntjie is ongedeerd. Hierdie soort goed gebeur blitsvinnig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.