[Foto’s] As mans die huis moes ontwerp…

Van messe met moersleutelhandvatsels tot ʼn allooiwiel as ʼn tuinslanghouer of motorsitplekke vir die sitkamerbank… Ons huise sou bietjie anders gelyk het as mans hul stempel in die ontwerpwêreld kon afdruk. Ons moet erken, hier is ʼn paar oulike idees!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Grotman ·

Nou wiet gese n man is stupid he!? Dis van die beste idees wat ek nog gesien het. Ek bekyk nou net my bike en wonder hoe kan ek die saal met n toilet vervang! Dan hoof ek mos nie langs die pad te stop nie. Als so in die ry en mors dan minder tyd. My vrou sit agter my en help uit met die toilet pappier… Jip dit sal werk.

Mick ·

Jare gelede was daar ‘n erge spietkop op Aliwal-Noord wat selfs sy vrou na williekeur beboet het. Wonder of daai ou ook ‘n kaatjie sou uitreik vir iemand wat hierdie toilet gebruik sonder ‘n veiligheidsgordel?

Marius ·

Ha Ha! Die ‘Blou Arend’ of so iets was sy bynaam. Hy was legendaries – laas toe ek gehoor het, het hy Australië of Nieu-Zeeland toe ge-emigreer. Ek is seker hy het ‘n skrikbewind met boetekaartjies daar iewers gevoer tot met sy aftrede…..as ‘n Ausie/Kiwi hom nie doodgeslaan het nie.

Realis ·

Wie het gese mans is nie kreatief nie! == met of sonder ‘n paar skeute in die onderlyf of’n paar blare papegaai slaai in die kop soos ek van ‘n paar van die ontwerpe kan aflei.
Ek glo egter nie begaafde en charismatiese Zavion sal rekwisiete by julle wil huur nie.
Ek het ‘n sterk vermoede die nuwe generasie vroue kyk lankal met ‘n waarderende oog na die nuwe adams se vermoee om die mites te besweer dat mans nie welkom in sy eie huis is of dat hy nie in staat is tot “haute coiffure” of “makeovers” nie. Hy kom nou uit die “garage” uit, speel dalk ‘n bietjie minder gholf of kom vroer huistoe na ‘n gesuipery met sy pelle. Hy het nou ‘n haar salon, ‘n boetiek of ‘n binnehuis versierder ateljee
Neem kennis. Die man het nou tuis gekom.
Ons het lankal die Neanderthal in die kis op die solder toegesluit.
Aangesien hier nou ‘n paradigma verskuiwing plaasvind tussen die rolle van beide geslagte wat nou tot ‘n mate omswaai van rolle laat realiseer.
Ek wil graag he die vroue moet reageer deur vir ons te wys waartoe hulle in staat is

Ella ·

My man mag verseker sy deel doen in die huis as dit sulke oulike idees is. Ek soek netnie n “bucketseat”toilet nie hehehehehe

marianne ·

BAKGAT!!!!! Gee my ‘n man wat so huis ontwerp –
Dis prakties.

Hanna ·

Wie is die slim man?
Waar is hy?
Is hy beskikbaar?
Ek hoop hy ontwerp kinder kamers ook….
TROU MATERIAAL VIR SEKER

François ·

Om ‘n huis te ontwerp is een ding, hierdie lyk mos meer soos uit rus, want dit het niks met die gebou se ontwerp te doen nie. Dis alles net bykomstighede & meubels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.