Meeste mense sou wat wou gee vir ʼn haredos soos die een waarmee dié ses maande oue baba spog!
Baba Chanco, van Japan, het bekendheid verwerf toe haar ma foto’s van haar op Instagram begin deel het – en nou het sy reeds meer as 94 000 aanhangers!
Sy is in Desember 2017 met ʼn kop vol hare gebore en dit het net aanhou bly groei. Haar ma noem boonop die Instagram-rekening ‘n “hare-dagboek”.
Van die kommentaar op die foto’s sluit in: “Sy is só oulik! Baie geluk van Brasilië” en “Sy lyk soos ʼn pop!” “Wat ʼn wonderwerk!” het ʼn ander laat hoor.
My suster se kind wat nou so 20 is(en blond) is met so baie swart hare gebore-sy’t gelyk soos ‘n Sumu stoeier
Pragtig !!! ‘n Regte klein poppie
Fukushima?
Nogasaki!!
Die arme ma het seker baie erg sooibrand gehad.?
Ek kan bevestig dat dit ‘n ouvrou-storie is! My dogtertjie het ook ‘n woeste bos swart hare gehad (nou ook blond). Ek het geen sooibrand gehad nie!
Ek is my hele swangerskap deur met vreeslike sooibrand. My dogtertjie is gebore met nie n haartjie op haar kop nie. Dis absoluut ouvrou stories
Jasmyn, gewoonlik is dit die mamma, tydens swangerskap, wat sooibrand kry, ag maar sy is pragtig.
Pragtige Baba !!! lyk nes n porselein poppie !
Die sooibrand storie is waar hoor! Met my kinders was Gaviscon my bondgenoot! Net om ‘n baba met baaaaie hare gebore te hê
:-)) Cute Overload!!
Sy is pragtig
As jong vroedvrou in Kroonstad was daar n baba met n woeste boskasie gebore
Het soos fluweel gevoel.