[Foto’s] Badtyd: Prettige foto’s wys diere se ontsteltenis

Foto: I Freakin Love Animals

Foto: I Freaking Love Animals

Troeteldierliefhebbers weet goed: jy moet meeste vierpotiges liefs ver weg hou van ʼn druppende kraan of selfs net die woord “bad” kan die hele huishouding in rep en roer hê.

ʼn Facebook-blad met ʼn passie vir troeteldiere het ʼn fotogalery van ʼn paar kat- en hondekinders gedeel wat deur hul eienaars gebad is.

Dié diere lyk byna of hulle gedaanteverwisselings ondergaan het – hul gesiggies spreek van absolute ontevredenheid en herinner mens dat dié vierpotiges, ondanks hul waardige plek in die gesin, skielik in jou grootste vyand kan ontaard.

Die inskrywing is meer as 6 000 keer op Facebook gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

kietie ·

Dis n lekker lag storie…mens het dit nodig……dankie maroela

Jaques ·

Smile ek dam nou lekker, en verlang na my ou Sokkies wat altyd soggens op my skouer geklim het en eers afgeklim het wanneer hy sy lekker melk gekry het.

Oupa ·

Om katte te bad grens aan dieremishandeling: daai groot swart pupille op die fotos spreek boekdele. Katte hou hulleself skoon. Watter diere in die natuur was hulleself in elk geval met water en seep? Mense is darem simpel!

Annika ·

Nie alle soorte katte kan hulself skoonhou nie. Het jy al ooit ñ persiese kat gehad? Seker nie, want hulle het sulke sorg nodig. Hulle lang hare koek vreeslik vinnig en hulle sukkel om dit self te versorg. My persiese kat word gereeld gebad en geskeer, en raai wat? Dis NIE dieremishandeling nie. So iets noem ons “HELP”. Om jou dier aan sy eie lot oor te laat dat hy naderhand soos ñ gekoekte bol gare lyk, is dietemishandeling.

Elizabeth ·

Hoekom is dit prettig? Sal dit prettig wees as ek ‘n before an after foto van jou neem waar ek jou in ‘n uiters ongemaklike situasie plaas?? Onthou diere het nie ‘n sin vir humor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.