[Foto’s] Beroemde “dakhond” selfs op Instagram

Huckleberry (Foto: Instagram.)

Sommige honde probeer dalk skelm op jou sitkamerbanke klim, ander bedel … Maar Huckleberry is ʼn hond wat daarvan hou om dinge ʼn bietjie anders te doen.

Die vyfjarige Golden Retriever woon in Texas in die VSA en hou daarvan om op die huis se dak te sit. “Hy hou daarvan om daar bo te sit en vir die motors en voetgangers te kyk – dan sal hy blaf en die mense groet!” sê Allie Lindemuth, Huckleberry se baas.

As Huckleberry uit die huis gaan, laat hy nie op hom wag nie. “Hy gaan sit elke keer op die dak.”

Vyf tot ses keer per week het die Lindemuth-egpaar oproepe gekry van mense wat hulle inlig oor Huckleberry se manewales. “Natuurlik weet ons daarvan, want hy maak ʼn groot lawaai wanneer hy op die dak loop.”

Vandaar die besluit om ʼn bord op te hang met ʼn foto van Huckleberry op die dak met die woorde: “Moenie skrik nie! Ons waardeer julle bekommernis oor ons hond, maar moet asseblief nie aan die deur klop nie … ons weet hy is op die dak.”

Dié bord hang nou al twee jaar buite die Lindemuths se huis.

Toe die gesin destyds die huis gekoop het, het hulle gewonder of hulle babahondjie gaan agterkom dat daar ʼn spasie, kleiner as ʼn meter, tussen die heuwel in die tuin en die dak is. Nóú is Huckleberry die beroemde “dakhond” in die gemeenskap.

“Ons was eenkeer besig om in die tuin te werk toe daar ʼn man stop en vra of ons die hond vir sy 85-jarige ma wil wys wat in die dorp kom kuier het.”

Huckleberry het selfs ʼn Instagram-rekening en dié het al meer as 25 000 bewonderaars. “Ons is baie bly dat ons hond soveel genot verskaf aan almal. Huckleberry het definitief ook ʼn huppel in sy stap vandat al die bohaai oor hom begin het!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lee ·

Te cute en oulik dié brak ! Opregte vermaaklikheidster met die mooiste gesig.
Hy kom seker maklik op, maar seker nie so maklik af nie ?
Sê nou hy wil afspring en breek ‘n been of iets?
My senuwees sal dit nie hou nie…LOL

HB ·

“…dat daar ‘n spasie kleiner as ‘n meter tussen die heuwel in die tuin en die dak is…” Glo darem nie hy sal ‘n been of iets breek nie. In elk geval, wat ‘n oulike storie.

Albert Marais ·

Ja ons hier in Amanzimtoti in KZN het ons ook ‘n swart labrador wat die heeldag so op die dak sit en die seeuitsig bewonder. Meestal waneer die huis- eienaars weg is. Hy het blybaar eers uit die eiendom ontsnap en dan die hele wereld rondgeloop. Toe sy eienaar sy ontsnaproete toe maak, het die dak sittery begin. Ons aankou die vermaaklikheid van ons woostelgebou oorkant die straat. Ons geniet die vaardigheid baie.

Lee ·

Ag maar hy is te oulik!!! Tenminste kan hy goed sien wat gaan in die straat aan.

carmen ·

Dit is so tipies golden retriever. Pragtige honde, sal nooit weer ‘n ander ras kry nie. Oulike storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.