[Foto’s] Beroemde skilpad met 2 koppe verjaar

Janus, ʼn beroemde skilpad met twee koppe. Foto: Oddity Central

Die ster van ʼn Switserse museum, Janus, ʼn beroemde skilpad met twee koppe, vier hierdie naweek sy 20ste verjaarsdag.

Janus sal Sondag sy verjaarsdag by die Natural History Museum of Geneva vier waar hy deurentyd spesiale behandeling kry, waaronder om daagliks gebad te word en tyd onder ultraviolet ligte deur te bring om sy dop sterk te hou.

Janus is vernoem na ʼn Romeinse god wat meestal met twee gesigte voorgestel word. Janus is in 1997 in ʼn broeikas in die museum gebore. Volgens sy versorger by die museum sou hy weens sy afwyking nie lank in die natuur kon oorleef nie.

Die versorger sê Janus se twee koppe voer twee aparte lewens en een is meer dominant, terwyl die ander meer onderdanig is. Die koppe probeer dikwels kos by mekaar steel en trek altyd die aandag van skares besoekers aan die museum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het ‘n baie ou en groot bergskilpad en lees nou van die ultravioletstale wat die 2koppige skilpad kry en dat hy elke dag gebad word. Beide hierdie rate volg ek nie maar ek voel gedurig of sy nie goggas in haar nekvelle het nie en verder kry sy net baie liefde en aandag. Roep en gesels met hulle, vryf hul bene, pote, kop en nek. Skilpaaie is die wonderlikste diere om aan te hou maar hou net die buitedeur toe sodat hul nie inkom en dan glipsies in die huis kry nie.

Theo Visser ·

Ek het twee bergskilpaaie gehad,mannetjie (Skollie) en Skillie die wyfie.Wonderlike diere .Ek is seker Skollie kon lees want as ek plante plant het hy altyd by die duurste begin vreet.Hy het met mens probeer speel maar het mens seergemaak met sy stotery.Skillie was ‘n regte dame en het altyd rustig by my kom le as ek buite werk.Mense van heinde en verre het van Skollie se manewales gehooren kom kyk.Baie intelligent, hy het op sy naam reageer.Ek het gehoor van skilpad wat elke aand kom televisie kyk het .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.