[Foto’s] Blommemeisie en ringdraer trou jare later in selfde kerk

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Brooke Gibson en Adrian Franklin, wat 17 jaar gelede onderskeidelik die blommemeisie en ringdraer by ʼn troue was, het in dieselfde kerk met mekaar getrou.

Gibson en Franklin was albei vyf jaar oud toe hulle blommemeisie en ringdraer was by vriende van hul ouers se troue in die South Gastonia Church of God in Noord-Carolina. Die twee het verlede maand in dieselfde paadjie afgeloop, maar dié keer vir hul eie troue.

Meer as 300 gaste het die troue bygewoon, insluitend die bruid van die troue waarvan hulle 17 jaar gelede deel was. Gibson en Franklin was saam op skool, maar het later kontak verloor. Hulle het weer ontmoet en dit was liefde met die eerste oogopslag.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Treurgrond ·

Pragtige storie – pragtig. Geluk met julle se huwelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.