Foto’s: Borduurwerk so mooi soos skilderytjies

Dis maklik om te sien waarom dié borduurwerk-kunstenaar so gewild is vir haar “skilderytjies”. Vera Shimunia, van Rusland, het reeds meer as 210 000 aanhangers op Instagram wat haar talent en verbeelding bewonder.

Sy het haarself leer borduur. Sy het aanvanklik met haar borduurwerk op Instagram gespog en mense wou vinnig weet of hulle dit kon koop.

Volg Shimunia op Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Viv

Dankie vir jou boodskap.
“Foto’s” is inderdaad die meervoud van “foto”. Dit werk nie soos in Engels waar ‘n “afkappingsteken + s” besitting aandui nie.
Vergelyk ook byvoorbeeld ma’s, pa’s, video’s, skadu’s en bikini’s.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Adri ·

Alle woorde wat op i, o, u en ‘n beklemtoonde a eindig, kry ‘n afkappingsteken vir die meervoud. Ek onthou die rympie uit my skooldae. Suné is ook reg wat die besitvorm aanbetref.

Elsa ·

Ongelooflik mooi. As dit per hand, en nie per masjien, haal ek my hoed af vir daardie hande. Ek bied die persoon n koppie tee aan.

DA BO ·

Hou maar by my verby, ek hou niks van sulke goed nie. Dis seker n soort kuns maar ek soek dit nie in my huis nie.

Lorinda de Jager ·

Ja. En dan sit jy dit op n kussing op die bank waar dit stof op gaar en huise vir goggas word. Nee dankie

Elsa ·

Ag née Lorinda. Het jy nog nooit van Fengona spuitstof gehoor nie?

Ek sal bitter graag sulke borduurwerk wil hê. Sal n pragtige tafeldoek of gordyn maak.

Penellope Jones ·

Ek kan die talent en tyd om dit te borduur waardeer, maar die kleure is vir my te opvallend. Maar dat dit kunstig is kan mens nie by verby kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.