Foto’s: Brandbestryders red hamsters uit brandende huis

Foto: @LaceyFireDist3 op Twitter.

Foto: @LaceyFireDist3 op Twitter.

Brandbestryders van Lacey in Washington, Amerika het ʼn hamster-gesin uit ʼn brandende huis gered.

ABC News berig dat die brandbestryders daarin kon slaag om vinnig die brand te blus waarna hulle die hamsters in die huis gevind het.

Die brandbestryders het die klein diertjies met suurstofmaskers behandel en foto’s van dié ongewone reddingspoging is op Twitter gelaai.

Die twee volwasse hamsters is “Oreo” en “Madonna” gedoop. Een van die drie kleintjies het egter nie die voorval oorleef nie.

Volgens berigte is die brand deur ʼn tuimeldroër begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.