[Foto’s] Bril op vloer vir kunswerk aangesien

Foto: TJ Khayatan (@TJCruda, Twitter)

Foto: TJ Khayatan (@TJCruda, Twitter)

Wat sou gebeur as jy ʼn bril op die vloer in ʼn kunsmuseum neersit?

Tieners het onlangs ʼn oproer veroorsaak toe hulle die bril op die vloer van die Museum van Moderne Kuns in San Francisco geplaas het.

Besoekers het dit vir ʼn kunswerk aangesien en foto’s daarvan begin neem.

Een van die tieners, TJ Khayatan (17), het besluit om dié poets te bak, nadat hy en sy vriende nie beïndruk was met die kuns in die museum nie. Binne minute het ʼn groep besoekers rondom die bril begin vergader en die “dieper betekenis” daarin gesoek.

TJ het die publiek se reaksies begin afneem en later die grappige eksperiment op Twitter gedeel.

Die oorspronklike plasing is reeds meer as 40 000 keer gedeel.

Volgens hom was die moeilikste om die bril weer op te tel en weg te loop asof niks gebeur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Linda ·

Nee wat Gerd, kuns is nie belaglik nie dit is die mens wat alles so kompliseer. gaan luister na ‘n klomp wyn kundiges wat die “fyner kunsies” van wynmaak en proe bemeester het… daar is nog fantastiese ware kunstenaars in die wêreld .

Paul ·

En net daar en dan skep hulle ‘n wonderlike stuk kuns. Nie die bril op die vloer nie. Dis nie kuns nie. Die reaksie van die leegkoppige galerygangers daarop is die kuns!

Alete Mullera ·

Belaglik verby! Wil nie eens begin dink hoe leeg ‘n fotograaf se kop moet wees om ‘n foto daarvan te wil neem nie!!!!

johann cb ·

Nou kan jy glo! Tog te oulik! Volpunte vir die tieners!

Popeye ·

Ek sidder om te dink wat kan gebeur as een van daai handsak hondjies dalk ‘n bollie sou los op die vloer….bepaal die “dieper betekenis” daarvan!

Nico ·

Reeds gedoen vanaf Wikipedia “Artist’s Sh*t (Italian: Merda d’artista) is a 1961 artwork by the Italian artist Piero Manzoni. The work consists of 90 tin cans, each filled with 30 grams (1.1 oz) of faeces, and measuring 4.8 by 6.5 centimetres (1.9 in × 2.6 in), with a label in Italian, English, French, and German stating:

Artist’s Sh*t
Contents 30 gr net
Freshly preserved
Produced and tinned
in May 1961”

Willem ·

Sommige kunssinniges is van die pad af. Stop hulle ‘n glas vaaljapie in die hand en hulle vertel jou van amandels tot kaviaar wat hulle proe. .

Paul ·

Ja nee, ek wonder ook altyd oor daai een. As jy dan so graag ‘n mengelmoes-smaak van amandels, kaviaar, rokerigheid, appels en leer wil proe, hoekom vat jy nie al daai goed en meng dit en maak vir jou so “smoothie” nie? Gaan baie goedkoper wees.

zahn ·

Die mense wat uitgevang is is almal deur die geblikte produk wat deur Nico beskryf is..
Maar dit sou nie in Suid Afrika kon gebeur nie.Onder geen omstandighede sou ons mens dit as kuns kon sien nie. Hoekom? Die bril sou gesteel gewees het!

Jef ·

Wat miskien ook aandag sou trek is n houtraambril met swart glas kan alleen maar in die pik donker gedra word.
Met jou bril op kan jy jou bril nie vind nie.

E ·

Ha ha jul tieners het die oertjies gevang!
Dit moet nogal na komiklikke kuns verwys. Nou is die oerte die comic!

André ·

Wel ek dink dit is “kuns”
Die bril is dan “geraam”.

Brilletjies ·

Ag hoe lekker lag ek nou! “Om beter te kan sien my kind”…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.