[Foto’s] Bruid se vyf ‘pa-dogter-danse’ laat die trane rol

Foto: Angela Lyons Photography/Facebook

Foto: Angela Lyons Photography/Facebook

Kirsten Mundell se polisiebeampte-pa is ses jaar gelede doodgeskiet terwyl hy aan diens was, maar dit is wat vriende en oudkollegas van haar pa op haar troue gedoen het, wat talle mense na hul snesies laat gryp.

KOMO News berig Kent Mundel is doodgeskiet toe hy op ʼn klag van huishoudelike geweld reageer het. Kirsten wou egter seker maak dat haar pa deel is van haar groot dag. Sy het gesorg dat haar pa heelvoor ʼn sitplek het. Die agterkant van haar trourok het ʼn dun blou lyn opgehad, ook ter ere aan haar pa.

Foto: Angela Lyons Photography/Facebook

Foto: Angela Lyons Photography/Facebook

Dit was egter die pa en dogter-dans wat mense na hul snesies laat gryp het. Kirsten is deur ʼn oudkollega en vriend van haar in die paadjie na die kansel vergesel en dit is ook saam met hom wat sy die dansvloer geopen het tydens die tradisionele pa en dogter-dans. Terwyl hulle besig was met die dans, het vier van haar pa se ander oudkollegas en vriende haar een na die ander op die skouer getik en by die vorige een oorgeneem.

Die troufotograaf het die oomblikke op kamera vasgevang en op Facebook gelaai. Die foto’s word intussen wyd op sosiale media versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Pragtig mooi Kirsten. Dankie ook aan oorlede Kent se oudkollegas wat ‘n spesiale dag saam met Kirsten en familie gevier het!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.