[Foto’s] Buitengewone nagdiere opgemerk

Foto: Gardner Police Department, Facebook

Foto: Gardner Police Department, Facebook

Die polisie in Gardner, Kansas in die VSA het verwag die kameras wat hulle geïnstalleer het sou coyotes, jakkalse en wasbere afneem. Hulle het definitief nie dié naglewe verwag nie.

Die beamptes is aanvanklik gekontak oor ʼn bergleeu wat moontlik in Celebration Park rondloop. Die polisie het twee kameras op die paadjie geïnstalleer om die aktiwiteit te ondersoek.

“Dis nie onmoontlik dat daar bergleeus kan wees in die gebied nie, want ons het al vantevore berigte oor bergleeus ontvang,” het lt. Lee Krout, woordvoerder van die polisie, gesê.

Toe die beamptes egter die beeldmateriaal nagaan, was hulle verstom oor die interessante naglewe: hulle het talle foto’s van persone, wat in kostuums geklee is, gesien.

“Ek het dadelik begin lag,” het Krout gesê, wat die foto’s moes nagaan. “Ek het dadelik ʼn paar ander mense in die vertrek geroep en gesê, ‘hey, julle moet dié sien’.”

“Ons wil graag al die persone wat vir dié foto’s verantwoordelik is, baie dankie sê – dit het ons dag gemaak!” het Gardner-polisie op Facebook geskryf. “Dankie vir elke inwoner wat die kameras opgemerk het. Julle moeite en sin van humor word baie waardeer.”

Die polisie het nie enige bergleeus gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Care ·

Bly om te sien daar is nog lande se Polisie wat ‘n sin van humor het !!

Denise ·

Dit moet seker baie snaaks gewees het hulle het dit nie verwag nie LOL!!!!

Johann Barnard ·

In SA sal n spesiale kommissie van ondersoek gestig word om fotos te ondersoek en sal hulle geen antwoorde kry nie.

Theresa ·

Het die tante wat met die loopraam loop darem die petalje gemis??

Anoniem ·

Kyk mooi, die antie met die loopraampie het ‘n pyl en boog in die hand! Dit fassineer my…

Schalk ·

In Suid Afrika sou hulle dink dit was Penny Sparow wat snaaks probeer wees hehehe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.