ʼn Kunstenaar, wat baie lief is vir kleur, het haar “vaal en vervelige” huis in ʼn reënboog-oase omskep, maar die bure meen dit is ʼn doring in die oog.
Dit het Jane Gottlieb (70) twee maande lank geneem om haar huis by die see in Santa Barbara, Kalifornië in die VSA, in ʼn “kunswerk” te verander met nege verskillende kleure slegs op die buitemure en dosyne meer aan die binnekant.
Om dié helderkleurige woning in stand te hou, jaag haar ongeveer $5 000 (byna R90 000) uit die sak om seker te maak die kleure verdof nie in die skerp sonlig nie. Die huis word dus elke jaar al hoe helderder sodra ʼn nuwe laag verf bygevoeg word.
Jane, ʼn bekroonde kunstenaar wie se werk al wêreldwyd uitgestal is, het egter gesê haar vierslaapkamerhuis laat besoekers glimlag en verbygangers noem dit die “reënboog-huis”.
Sy bely haar bure meen dit is ʼn doring in die oog tussen die res van die beige-kleurige landgoed.
“Wanneer mense vir die eerste keer kom kuier, dan glimlag hulle sommer dadelik, hulle is dadelik gelukkig, want hulle het nog nooit vantevore só iets gesien nie,” hou Jane vol. “Ek verstaan nie die obsessie met beige en bruin nie. Ek weet nie hoekom dit so ʼn gewilde kleurkombinasie is nie. Ek hou van kleur – as ek iets helder en kleurvol sien, wil ek dit hê.”
Jane woon al 23 jaar in die huis saam met haar man, die skrywer David Obst (73).
Gedoriewaar, dis nou nie my cup of tea nie, maar moet sê dis glad nie sleg op die oog nie. Ek sal permanent wil gelukkig wees as ek dit elk dag moet sien.
Ek dink dit lyk baie mooi en vrolik. Sal dalk nie my eie huis in soveel kleure verf nie, bietjie duur, maar elke diertjie sy plesiertjie. Die bure is net suur oor hulle nie 1ste daaraan gedink het nie.
Eish! Nataniël sal ‘n angsaanval kry in daardie huis!
EK hou baie van die plek. Binne en buite is baie mooi. EK SAL DAAR BLY.
Jou huis jou keuse dit is vrolik en maak n saai bestaan kkeur vol
Die kleurskakerings is baie netjies en mens kan sien sy het tyd ingesit aan die beplanning van die kleur.
Dit lyk pragtig en as dit haar gelukkig maak, is dit haar keuse.
Hoe beinvloed dit die omgewing se markprys?
Waaroor ek ook altyd wonder, as mense relatief spandabelrig is op hulle eie plesiertjies, is sou dit nie beter wees om die geld eerder konstruktief aan te wend tot bewaring of onderrig nie?
As jy die geld verdien het, hoekom moet jy dan ander “please”? Dit is mos JOU geld waarvoor JY gewerk het.
Basta met die res.
‘n Besliste nee! Jy maak en doen wat jou plesier verskaf. Ek dink die huis kan ‘n aanwins wees vir die omgewing.
Dit is pragtig en baie smaakvol gedoen, alles smelt tog saam, hou baie van die trappe gedeelte, sal sommer afdruk van dié foto wil vergroot en iewers in my huis hang om bietjie op te vrolik, alles voel tans baie donker en vaal in hierdie wanorde van mag en mag nie’s.
Beautiful Beautiful.
Kleurvol en vrolik.
Absoluut GEK daaroor!!!!!!
Awesome verby!!! Mal daaroor. Baie stylvol saamgestel.
Ek is mal daaroor.
Dis die pragtigste huis wat ek al gesi
en het. Dis nou my idee van perfek!!
Dit lyk baie mooi en so vrolik !!! Ek sal dit ook wou doen maar die kostes van die onderhoud sal my te veel uit die sak uit jaag , en ja ek dink ook die bure is net jaloers…. ha ha haa
Ek is ook mal oor kleur en vir my lyk dit pragtig en vrolik
Pragtig!!
Ek lief die vrolike kleur, dit laat jou vrolik voel.
Haar kleure wat sy gebruik is lig en vrolik, as dit somber kleure was kon die bure kla maar dit is kleure wat jou gemoedstemming kan verlig.
Dalk nou nie almal se style nie, maar hoekon nie. Dis haar eiendom, lyk aper soos n Babie huis kl;eurvol en gelukkig.
Nee regtig so ‘n “Smartie huis” sal jou seesiek maak om elke dag daarna te kyk. Nie vir my nie
Dit is so mooi ek kan my verkyk daaraan. Die soort kleurvolle leefstyl is net mooi as dit smaakvol aangepak word. En die dame het dit wel so gedoen. Sy het kleure in haar huis bymekaar gesit wat werklik bymekaar pas. Ek sal dit nie self doen nie, maar alles wat sy aan haar huis gedoen het, binne en buite is mooi.
Ek is mal daaroor! Waar is my verfkwas nou weer?
Pragtig – Jou huis en jou keuses.
Ek dink dit lyk stunning binne en buite!
Kleurvol is een ding, maar wat te erg is, is te erg