[Foto’s] Die beste uitsig in ʼn borreltent

Die borrel-tent Foto: Fancy.com

Die borrel-tent Foto: Fancy.com

Het jy al ooit gewens jy kan in die aand buite onder die sterre slaap, maar die idee van muskiete en ander goggas laat jou telkens van plan verander?

Dié unieke tent deur Holleyweb is ʼn PVC, deursigtige borrel wat jou dieselfde gerief as binne in jou huis buite in die natuur bied. Al wat jy benodig is ʼn plek om die tent in te prop sodat dit opgeblaas kan bly.

Twee persone kan gerieflik binne dié vier meter tent slaap – afhangend van hul grootte.

Die tent is ook waterdig en brandbestand.
Koop die tent vir ongeveer $1 000 (sowat R15 000) op Amazon of teen $2 000 (ongeveer R30 000) op Fancy.com (posgeld uitgesluit).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adele Pienaar ·

Nou dit kan 1000% vir my werk. Looooooovvvveeeee dit!!!!

Akram ·

Genugtig. dis nou n baie mooi idee. al wat ek oor bekoomerd sal wees is as ek hom in n karavaan park opslaan, dan sien almal hoe ek slaap? Sal nie graag wil he mense moet my beloer vanaf sy kampstoel nie. Maar dit behoor n ondervinding te wees. veral in die bosveld.

Kellies ·

Dink net. Die ander kampeerders gaan n lekker gratis Fliek kyk. Hmmm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.