[Foto’s] Die bruid wat nooit gaan trou nie

Foto: Q May Chen, Facebook

Foto: Q May Chen, Facebook

Q May Chen het vier jaar gelede borskanker oorleef, maar twee jaar later het dit teruggekeer, en hierdie keer met ʼn terminale diagnose.

Die 27-jarige Chen van Taipei in Taiwan het daarna besluit om haar lewenslange droom om troufoto’s te laat neem, self te doen. Sy het haar pragfoto’s op haar Facebook-blad gepubliseer en met die tydskrif Cosmopolitan oor die foto’s en haar stryd met kanker gesels.

Volgens Chen was sy nog altyd lief daarvoor om haarself op te dollie en foto’s te neem. Sy het altyd uitgesien na ʼn troue en die troufoto’s, maar sy het nooit die regte persoon ontmoet om mee te trou en wat saam met haar vir die foto’s kon poseer nie.

Nadat sy gediagnoseer is, het sy besef sy kan nie langer wag nie. Sy het besluit om self die troufoto’s te laat neem. “Tyd is baie kosbaar; geen oomblik kan gemors word nie,” het sy aan Cosmpolitan gesê. “Ek hoef nie te wag nie, ek kan my eie droom nastreef.”

Chen se foto’s is by ʼn huis in Yangming Mountain geneem, die perfekte ligging vir die dromerige, fabelagtige atmosfeer wat sy wou skep. Sy het foto’s in verskillende rokke geneem om die verskillende aspekte van haarself te wys: rooi vir haar persoonlikheid, pienk om te wys dat sy ʼn aangename persoon is, wit gare vir ʼn prinses en gaas vir sexywees.

Sy beplan ʼn “wittebrood” in Bali.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Nogal vreemd wat die meisie gedoen het, maar kyk die mooi foto’s wat sy laat produseer het! Hoe wens ek nie ek kon haar ‘n gelukkige en lang huwelik toewens nie!

Theresa ·

Lieflike foto’s – droommooi en die meisie so fyn en vroulik. Mag daar ‘n wonderwerk gebeur vir haar en sy tog genees – dalk mag sy nog vir iemand spesiaal so aantrek en geluk ervaar.

Hannelie ·

Sjoe maar sy is pragtig, so klein en fyntjies. sy sou voorwaar ‘n pragtige bruid uitgemaak het. Ons bid vir haar dat sy sal genees, want by God is niks onmoontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.