[Foto’s] Dié fikse oupa sit nie sommer nie

Wayne McEntire (Foto: Twitter)

Wayne McEntire (Foto: Twitter)

ʼn 68-jarige oupa van Texas in die VSA het die afgelope week die monde laat oophang toe hy passasiers op ʼn trein in Rio gewys het dat nie almal van sy ouderdom oud of kranklik hoef te wees nie, nadat ʼn medepassasier hom ʼn sitplek vir bejaardes aangebied het.

Wayne McEntire was op die trein saam met sy kleinseun Britton Barker tydens hul vakansie in Rio de Janeiro toe hy besluit om sy medepassasiers ʼn les te leer.

Barker het aan ABC News vertel sy oupa het “op ʼn baie respekvolle manier nee dankie vir die sitplek gesê voordat hy hulle ʼn toertjie wou wys”.

McEntire het met sy kragtige bolyf homself horisontaal in die lug gehou deur met sy hande aan die reëling te klou.

“Hy is een van die vriendelikste en beleefdste mense wat ek ken. Dit was nie om iemand in die gesig te vat nie,” het die kleinseun bygevoeg.

Barker, wat die foto’s op Twitter gedeel het, sê hy kan nie die reaksie daarop glo nie. Die foto’s is meer as 100 000 keer op Twitter gedeel en minstens 130 000 gebruikers het aangedui hulle hou daarvan.

Bron: ABC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Hier by ons sal die oues in die tou staan by banke alhoewel daar kennisgewings aangebring is dat oumense, gestremdes ens. voorkeur geniet. Bankamptenare sal ook nie bystand verleen want skynbaar is hulle ook gestremd om hul pligte na te kom.

Aves Bird ·

Wat sal n ref doen as iemand so aan n rugbypaal hang as daar pale toe geskop moet word deur jou openente?

Vissie ·

Mooi so, oupatjie! Wys hulle! Ek haal een van die dae die 78-merk, maar toe ek gewerk het, was my kantoor op die vierde verdieping. Ekhet nooit die hyserf gebruik as ek moes op en af nie, ‘nj paar keer per dag, altyd gestap. Ek geniet vandag nog die gesondheidj wat ek destyds op daardie manier help inbou het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.