Foto’s: Dié gesinsfoto’s het almal aan die lag

Pam en Dave Zaring se foto’s (via Facebook)

ʼn Professionele fotograaf se swak redigeerwerk van ʼn gesin se groepsfoto’s het almal aan die lag.

Pam en Dave Zaring het Vrydag die foto’s, wat verlede jaar geneem is, op Facebook gedeel.

“Ok. Hierdie is NIE ʼn grap nie. Ons het ʼn fotograaf, wat beweer dat sy professioneel is, $250 betaal vir gesinsfoto’s. Hier is die foto’s wat sy REGTIG vir ons aangestuur het. Sy het gesê die skaduwees was baie sleg op die mooi, skoon, sonnige dag en haar professor het haar nooit geleer hoe om foto’s te redigeer nie. Ek het in jare nog nie só lekker gelag nie! Mens kan nie hierdie uitdink nie. En weereens, hierdie is NIE ʼn grap nie – dis die finale produk!” het die egpaar op Facebook geskryf.

Die foto’s het elkeen ʼn watermerk, “IMagery by Lesa Hall”, ʼn geregistreerde onderneming in Missouri, waar die Zarings woon, aldus Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sonskyn ·

Ek dink dis skreeu snaaks… seker nie vir die gesin wat $250 moes betaal nie. En ek hoop dis net ń grappie en die ‘fotograaf’ se naam is net op gemaak, anders gaan daar ń hofsaak wees – dit is immers Amerika en daar word jy gedagvaar vir minder as dit.

Niklaas ·

Ek sal net 10 % van daai rekening betaal. Dit lyk soos Haloween karakters. Selfs die ou mik en druk Kodak kameratjie uit my kinderjare sou beter fotos oplewer. Swak werk van die fotograaf

Ryno ·

Jou ma het gesê jou make-up is te dik aangesmeer, maar jy wou nie luister nie!

Antjie ·

Dis ʼn bemarkingsfoefie vir stupid foto-redigering! Daar is ʼn webblad wat mens leer hoe om dit met jou eie foto’s te doen! Stupid om ʼn artikel oor te skryf!

Luister ·

Haha!……Lyk soos papier- of opblaaspoppe. Dis fotograaf moet ‘n toekenning kry vir die inkleurwerk.

Max. ·

My seun is die 3de Oktober 2016 getroud by blackhorse in Magaliesburg. Dit was al 2 jaar gelede. Hulle wag nog steeds vir hulle fotos. Daai ou het vd aardbol af verdwyn. Gelukkig het ek n video gemaak van hoe hy fotos neem. As hy hierdie berig sien, ek gaan jou name en shame. Ek weet wie jy is.

Cheryldene ·

Wat dis absoluut belaglik!! Agge nee dis so hartseer. Al die mooi memories gone

Bollie ·

Enige mens moet tog sien daar is groot fout? Dit lyk asof hierdie mense almal maskers ophet en seersekerlik het die fotograaf nie nodig gehad om die kinders se gesiggies te photoshop nie, dalk die ouma s’n. Op sommige fotos lyk die ouma skoon vermink. Neewat lyk vir my fake. Geen regdenkende persoon sal iets so photoshop nie. Dit is heeltemal onnatuurlik en laat die mense baie slegter lyk as beter.

Chris ·

Een voordeel, die foto wys geen plooie op die ouer garde se gesigte nie. Moontlik moet die fotograaf eerder in botox spesialiseer.

grappie ·

Ek wonder hoeveel sal hulle vra om as gesin, in ‘n 3-slaapkamer huis te kom spook?

anton ·

Nou lekker gelag…..Was seker bietjie moeilik om die honde se gesigte ook te manipuleer.
Glo dit was seker maar net n grappie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.