[Foto’s] Die gevaarlikste pad in Frankryk

Die passage du gois wat net vir etlike ure 'n dag veilig is om langs te reis (Foto:  H1apn/Brightside)

Die passage du gois wat net vir etlike ure ‘n dag veilig is om langs te reis (Foto: H1apn/Brightside)

Motoriste en voetgangers in Frankryk moet behoorlik senuwee van staal hê wanneer hulle die Passage du Gois, suidwes van Nantes, gebruik. Dié pad verbind die eiland Noirmoutier met die vasteland en is twee keer per dag onder water tydens hooggety. Motoriste en voetgangers is al telkemale daar vasgekeer.

Die pad is glo in die laat 1700’s as ʼn “natuurlike gang” op ʼn kaart aangedui en het in 1840 diens begin doen as ʼn pad vir perdewaens.

Die Passage du Gois het egter intussen deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan en is vandag 4,1 km lank.

Dié skynbaar gewone pad is egter baie gevaarlik en daarom is spesiale panele aan albei ente opgerig om mense te waarsku wanneer dit nie veilig is om die pad te gebruik nie.

Met hooggety spoel die see soms so diep as drie meter oor die pad.

Verhoogde veiligheidstorings is langs die pad opgerig waarop mense kan klim wanneer hulle die gety onderskat het. Jy sal egter maar moet afskeid neem van jou motor!

Bron: Brightside

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Uiltjie ·

Hoe kom gaan kyk hulls nie in Scotland na die Skye – brug nie? Baie mooi!!!

Justice ·

Vir ‘n eerste wereld land lyk dit nie asof die pad veel “ontwikkelingsfase” opgraderings gehad het sedert die 1840’s nie. Dit lyk vir my indien die gety jou nie gaan vang nie sal die roes wel.

Theresa ·

Nagmerrie – lekker skryfstof vir ‘n storie – veral as jy moet in die aand daaroor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.