Foto’s: Die gorilla wat vroue laat swymel

Shabani. Foto: Twitter

Shabani. Foto: Twitter

ʼn ‘Aantreklike’ gorillamannetjie maak omtrent die knieë lam – en dis nie die knieë van gorilla-wyfies nie.

CNN berig die 18-jarige gorillamannetjie, Shabani, het oornag ʼn internetsensasie geword sedert foto’s van hom op Twitter versprei is. Volgens die berig stroom vroulike aanhangers na die Higashiyama-dieretuin in Nagoya, Japan.

Volgens beamptes van die dieretuin staan vroue behoorlik tou om Shabani te sien, met meer as 100 bewonderaars wat enige gegewe tyd sy hok toestaan. As jy nie by die dieretuin kan uitkom nie, kan jy Shabani steeds op Twitter bewonder waar talle foto’s van hom die ronde doen.

Takayushi Ishikawa, ʼn woordvoerder van die dieretuin, het intussen aan CNN gesê Shabani is maar min geskeel met sy nuutgevonde gewildheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Hy behoort goed te deug as uitsmyter in ons paralament.

Ben Kok ·

Eerste maal wat ek die webblad besoek en definitief nie die laaste maal nie. Wat n uitstekende idee en geluk aan die stigters daarvan. Baie geluk ook aan Afriforum ek is trots om n lid te wees. Ons kan gerus die lied van Radio Kalaharie “Staan my by” afriforum se volkslied maak

Eish! ·

Dit le in die kyk. (Manlike Diana loer) As n man my so beloer……………………, beteken dit hy het ‘n broek vol planne! lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.