[Foto’s] Die kleinste Shakespeare ooit

Shakespeare in die oog van 'n naald (Kunstenaar: Willard Wigan)

Shakespeare in die oog van ‘n naald (Kunstenaar: Willard Wigan)

ʼn Kunstenaar wat bekend is vir sy mikroskopiese kuns, het ʼn beeld van William Shakespeare geskep wat in die oog van ʼn naald kan pas.

Willard Wigan het dié klein skepping, “To See or Not to See”, ontwerp om die 400ste herdenking van dié skrywer se afsterwe te vier. Die beeldjie is kleiner as ʼn punt in ʼn koerant en slegs sigbaar deur ʼn mikroskoop. Hy het vier weke lank aan die beeldjie gewerk.

Die kunswerk word tans ten toon gestel by die Light House Media Centre in Wolverhampton in Engeland.

Wigan het gesê hy het as vyfjarige begin belangstel in mikroskopiese kuns toe hy huise vir miere begin bou het, omdat hy gedink het hulle het ʼn plek nodig om te bly.

Hy het ook al ʼn miniatuurweergawe van die atleet Usain Bolt en die karakters Pinocchio en Aspoestertjie geskep. Hy het ook al ʼn gaatjie in ʼn baardstoppel geboor en ʼn goue fietsie daarin geskep.

Wigan verduidelik in ʼn onderhoud met die BBC dat hy sy hartklop moet monitor wanneer hy aan sy kunswerke werk en dat hy hoofsaaklik in die aand werk, om die vibrasie van die verkeer te vermy.

Altesaam 30 mikroskopiese stukke, insluitend “Noddy Holder in a Needle”, sal tydens die BBC Shakespeare Festival te sien wees.

Klik hier om nog video’s van Wigan te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E ·

Dit is nou baie interresant en stimulerend.Shakespere moes seker baie arm gewees het, dat hy dan nou deur die oog van n naald kan gaan!

Sal graag wil weet watter instrumente die kunstenaar gebruik om die skeppings te maak.

Voorwaar enig in sy soort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.