[Foto’s] Die krimpvarkie wat gaan kamp het

Azuki is ʼn klein krimpvarkie van Japan wat groot avonture beleef en dit met meer as 180 000 Instagram-volgelinge deel. Hy hou van masserings en middagslapies, maar hy kamp ook graag in sy klein tentjie, roei in sy kajak en braai ʼn vleisie.

Volg sy avonture op Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jacques ·

Ek hoop nie elke Jan Rap en sy maat wil nou weer ‘n krimpvarkie hê nie. Hulle benodig spesiale sorg.

E.K. ·

Jacques – ek stem saam. Die enetjie is oulik maar lyk hoeka oorgewig – gewoonlik ‘n porbleem met die diertjies wat aangehou word. Kan mense tog nie maar liefs die goedjies in die veld los waar hul vry is, waar hul weet wat om te eet en hoeveel daarvan.

Penellope Jones ·

Sjoe, lyk asof hy heerlik ontspanne is en sy kampery baie geniet!

Krimpvarkie ·

Hierdie krimpvarkies word as troeteldiere geteel. Die bietjie spesiale sorg is niks in vergelyking met die plesier nie. Hulle vereis nie juis meer as honde en katte nie.

Sarie ·

Gaan kyk gerus op facebook – “Die krimpvarkie guru” se blad, hy gee fantastiese wenke en raad vir mense met krimpies!

Magda ·

My dogter het ook 3 Tenrexies, hul kom uit Madagaskar en dit is haar troeteldiere. Sy het ure se pret met haar maaitjies en ja hul het definitief sorg en aandag nodig , eet spesiale kos en as jy nie werklik tyd het nie, moet nie een aanskaf nie. Ons sin moet gereeld geweeg word want as hul te vet word het jy moeilikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.