Verskeie foto’s van soldate en hul honde word tans op sosiale media gedeel. Dié plasing het duisende hondeliefhebbers se harte laat smelt, omdat elke foto ʼn mooi storie vertel van hoe mense en honde regtig beste vriende kan wees.
Dit wil voorkom of die meeste van dié honde saam die soldate in oorlogsgebiede was.
Dit ruk aan my hart en bring n knop in my keel! Hoe spesiaal is die verhouding tussen mens en dier nie partykeer nie!
As ek moet kies tussen mense en honde, kies ek honde elke keer!
Ben – ek stem oor ‘n miljoen keer saam met jou!
Dit is so oulik. Baie hartseer! wens al die mense wil so lief vir hulle diere wees want glo my hulle is baie lief vir hul mense familie. Honde is darem maar awesome!
Ben ek stem 100% saam met jou. Hulle liefde is onvoorwaardelik en opreg!!!
En daar is ek “gegooi” vir die res van die dag ! Diere kan baie diep in jou hart kruip , het baie respek vir hulle.Al wat hulle vra is liefde…………nes kinders.
Ben ek stem. Diere ken nie die woorde verraad, agterbaks, lieg of bedrieg nie. Hulle het ons lief sonder voorbehoud.
Wel, ek stem natuurlik saam dat ‘n mens vir jou diere moet lief wees,omgee en versorg… maar om te sê jy kies ‘n hond enige tyd bo ‘n mens,is teenstrydig met God se idee oor hoe jy teenoor jou medemens moet voel en optree. “Wees lief vir mekaar” is ‘n opdrag. Om vir ‘n hond lief te wees is maklik, want al skop ,vloekof jaag jy hom weg,kom hy maar weer waaistert terug wanneer jy beter voel. God se opdrag in MAT 5:44-48 is bietjie moeiliker né ? Dis seker hoekom.
Ek voel maar ook dat hoe meer ek met mense te doen het, hoe liewer word ek vir my diere!