Foto’s: Die mooiste toilet in die wêreld

Ureddplassen (Foto: Nasjonale turistveger)

Noorweë het sopas die wêreld se mooiste kleinhuisie in die wêreld oopgemaak.

Ureddplassen is op die spits van ʼn fjord aan die weskus van die land geleë. Dit is ʼn “golf-vorm”-toilet met ʼn manjifieke uitsig oor die wye, oop Noorweegse See en die sneeubedekte berge van die Lofotveggen op die horison.

Besoekers kan ook na die strand toe stap en op een van die trappe gaan sit – waar die geraas van motors heeltemal in die agtergrond verdwyn, verduidelik Nasjonale turistveger, die toerismeraad vir die Noorweegse Helgelandskysten, waar die gerief geleë is. “In Mei kan jy ook die lieflike voëlgesang van die berg se kant af hoor. Ureddplassen is ʼn plek vir ʼn kort breek, ʼn rusplek en ʼn piekniek – of selfs die lang nagte met die middernagson of Noordelike Ligte (Aurora Borealis).”

Ureddplassen is ook ʼn gedenkteken en ʼn monument is opgerig ter nagedagtenis van 42 persone wat gesterf het toe die duikboot “Uredd” (“Vreesloos”) ʼn myn in Fugløyfjorden getref het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die duikboot was op pad na Bodø met agente van die Linge Kompanjie om ʼn sabotasie-operasie uit te voer teen die myne.

Die gerief, geleë op die Fv17-pad, het verlede jaar ʼn opknapping van meer as R23 miljoen ondergaan, en is ontwerp deur Oslo-argitekte Marit Justine Haugen en Dan Zohar.

Helgelandskysten is die langste van die 18 geklassifiseerde skilderagtige roetes in Noorweë en strek van Holm in die suide, oor die Arktiese Sirkel, en noord na Bodø. Jy moet ook ses veerbootvaarte onderneem om die roete te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.