[Foto’s] Die spinnekop wat vir ete opgedaag het

Foto: Lauren Ansell verskaf aan Daily Mail (via ANA)

ʼn Spinnekop, so groot soos ʼn bord, het onlangs aan ʼn paartjie se agterdeur “geklop”, net toe hulle wou aansit vir ete.

Lauren Ansell van Mount Coolum in Queensland, Australië, het ʼn foto van die yslike jagterspinnekop (“Huntsman spider”) gedeel.

Alhoewel Australiërs gewoond is daaraan dat hulle gereeld spinnekoppe teëkom, was dié monster groter as gewoonlik. Lauren het gesê die spinnekop was veral aggressief toe hulle die deur toegemaak het en twee van sy bene afgesny het.

“Dit was yslik groot en baie kwaai. My kêrel wou dit in die deur platdruk, maar die spinnekop was slim: die deur het net twee van sy bene geëis. Die spinnekop het daarna in die tuin in gevlug.”

Sy het die spinnekop Aragog genoem, na die reusagtige vleisetende spinnekop in die Harry Potter-boeke.

© Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Hanna ·

Ja, ja, en? Waar is die einde van die storie? Wat het toe van die spinnekop geword? Ag, nee man!!

Spinnekop ·

Dit was yslik groot en baie kwaai. “My kêrel wou dit in die deur platdruk, maar die spinnekop was slim: die deur het net twee van sy bene geëis. Die spinnekop het daarna in die tuin in gevlug.”

not in wonderland ·

The couple posted images of the giant spider to Facebook but now Aragog has moved on, leaving Ms Ansell and her boyfriend to freely use their garden.

However, it is believed to lurk nearby. “It’s in the garden and we haven’t seen it since,’

Santie ·

En dit is presies hoekom ek nie Australië toe sal trek nie!!

Marisa ·

Santie, daar’s NET sulke grotes hier in ons eie land! Reënspinnekopwyfies is yslik groot! Hierdie goed wat hulle ‘dwaalspinnekoppe’ noem, se wyfies is ook reusagtig. In die Paarl het ons net sulkes moes verduur.

Linette ·

@Santie – ek sal BAIE graag Australië toe wil trek, maar gogga-goeters soos dié skrik my toetentaal af (en ook die feit dat ek nie geld het nie). Kyk hier, as daai gogga-dêng, so by my deur kom sit het, het ek by die voordeur uitgehol, straat-af, al-gillend! Australië is die plek met die giftigste slange ter wêreld, die giftigste (en klaarblyklik ook die grootste) spinnekoppe, honger haaie, giftige klipvisse en blou blasies.

madels ·

Sjoe! Jy sou net n kolletjie van my gesien het so vinnig hardloop ek in die pad af ver van daai lelike spinnekop! Goeiste maar hy/sy is massief groot!!!!!

Rln ·

Ek ook nie.. Bly maar hier in NZ. Hier is niks wat jou kan doodmaak nie…

L ·

Ek sou ook kwaad en agresief wees as 2 van my bene afgekap word en my lewe in gevaar was…

moes net ·

As hulle twee van jou bene afgeknyp het, sou jy nie kon loop nie hehehe

Rikku ·

Kaapstad het nie genoeg water om my af te spuit nie, so die Spinnekop moet eerder nie naby my kom nie.

Adam Willemse ·

Dink net hoeveel vliegende en kruipende peste so ‘n ou grote nie uit jou huis uit kan verwyder nie, sonder dat jy soos ‘n gereinigde lidmaat van een affirmatiewe Doom profeet se gemeente hoef te voel nie.

Gerrie ·

Funny, Adam,
Maar ek dink dit is beslis nie nodig om die 8 potiges dood temaak nie, hulle vul n’ groot rol in ons ekologie. ek vang gereeld van die ou grotes en sit hulle n’ ent weg buite die huis

Linette ·

@Gerrie – goed en wel so. Ek maak ook nie arachnoïdes sommer net dood nie: ‘Daddy Long Legs’, reënspinnekoppe, tuinspinnekoppe en selfs bobbejaanspinnekoppe ‘help’ ek vriendelik buitentoe. Maar flip, ‘n rooi roman en ‘n jagspinnekop slaat ek onmiddelik ‘to hell and smithereens’ toe, morsdood-vrek! En hierdie ‘vriend’ is gans te groot en grillerig na my sin – hy’s dan so groot soos ‘n bord! En net die idee dat dié “vriend” na hul tuin gevlug het, met twee bene wat in die slag gebly het ……. ek hoop nie hulle loop saans na donker kaalvoet buite rond nie …….

maggies ·

Ek stem saam dit is nie nodig hom hulle dood te maak nie. Ek het baie maar baie reenspinnekoppe uit my huis geneem in flesse en buite gaan los laat.

Nicolene ·

Kyk my grootste grootste vrees is MOTTE!!! Maar kyk as hierdie ou spinnekoppie in my huis moet inkom word die mot my grootste pel :)

Linette ·

@Nicolene – dan moet jy nie Worcester toe kom nie; hier het ons sulke yslike groot, bruin gevlekte motte – uitgegroei is hulle seker ruim in die omgewing van 60 mm lank! Ek haat die goed, want hulle broei eersdaags weer in honderdtalle in ons tuin uit en saans as mens in die lekker somerlug wil sit, sjorrrrrr ….. hulle hier verby jou, op jou gesig, klere wat-ookal na die naaste ligbron.

Alta Leroux Pretorius ·

Toe ons in Tsitsikama gekamp het …was daar net so n ou grote by ons karavaan…teen die see. My dogter bly in Australia…(Perth) was al baie daar…geen groot spinnekop gesien nie..!Was daar al in n cabin in n bos naby Margaret River…geen goggas…..Een Amazing woon plek…!

Louise ·

Nou hoop ek vir hulle part dit was n “Hy”…. want as dit n “Sy” was…..

Het julle al die honderde duisende klein baba spinnies gesien wat so “sy” met haar saamdra??? ?

Luister ·

Gee my gerus al die spinnekoppe, slange, en enige ongedierte; in plaas van al die skelms en misdadigers in ons land!

sue ·

Dit hang natuurlik ook af hoe groot was die bord. Kon ń klein bordjie gewees het

smurfie ·

Sue, jy kan maar net na die fotos kyk om te sien dis n groot bord. Daai spinnekop sit in die hoek van n skuifdeur. En as jy nie n skuifdeur het nie, gaan kyk gerus na die hoek van jou kamer se venster
:O

Ina ·

My dogter bly in Aus. En haar pad het ookal met so n “giant” gekruis. Die meneer het hom tuisgemaak oor die ventilasie opening in die badkamer. Hy was so groot dat hy die lug vloei geblok het. Sy was gelukkig reeds op die toilet. Toe sy voel dat daar nie meer lug deurkom nie, kyk sy op! In sy talle ogies vas. Glo my, daardie reus het sy alie afgeskrik vir daardie gille.

Salome ·

Het jou so lekker gelag toe ek die prentjie in my geestes oog ervaar

Chevy ·

Een of ander tyd kom die spiderman terug huistoe om sy twee agter geblewe pote te kom haal.

Vlooi ·

Ai julle is so oulik,…..
Ek lag nou so dat my oë eintlik traan…. Lol

AmY ·

As ek daai spinnekop was, het ek terug gekom vir my bene… ???

Richie Rich ·

Lyk soos my eks..die het ook by die deur gesit toe ek wou hardloop..

Helene ·

Bly ou Spinnie kon wegkom. Glo my Spinnie was banger vir jou as jy vir hom/haar. Ek maak geen spinnekoppe dood nie. Hulle vervul ‘n belangrike rol.

Pop ·

Ek is niks bang vir spinnekoppe nie. Sal jou niks maak nie. My huis is vol van hulle. En niks motte en muskiete nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.