Foto’s: Dié verlowingsfoto’s sal jou inspireer!

Peggy Carter en Captain America van “Captain America” (Foto: @TheIsaacJames)

Jackie Nguyen en Nate Huntley is albei akteurs en gewis baie kreatief! Hulle wou iets anders doen vir hul verlowingsfoto’s en het besluit om soos bekende karakters uit flieks aan te trek.

Die twee het mekaar in Noord Carolina in Amerika ontmoet, tydens ʼn produksie van Miss Saigon – maar het aanvanklik nie gedink dat dit enigiets anders as net ʼn fliek-romanse sou wees nie. “Ons het inderwaarheid aktief probeer om nie ʼn paartjie te wees nie,” verduidelik Nate aan Maroela Media.

Ná die produksie het hulle weë geskei: hy het na Colorado teruggekeer en sy na New York. “Ons wou dit nie erken nie, maar daar was tog iets spesiaal. Omtrent ʼn week later het Jackie my laat weet sy is besig om al haar hare te verloor weens alopesie. Sy het ʼn maand later in Colorado kom kuier en ons het saam al ons hare afgeskeer en was ‘amptelik’ in ʼn verhouding. Ons is tot dusver onafskeidbaar.”

Die twee verduidelik hulle is albei baie kreatief en tradisionele foto’s sou nie die pret of avontuur uitbeeld waarvoor hulle albei lief is nie.

“Ons het aanvanklik gedink ons sou net ons families ʼn poets bak en buitengewone foto’s neem sodat hulle verward sou wees. Ha! Ons het die idee gehad van ʼn tipiese agtergrond – soos ʼn veld met blomme of ʼn bergreeks, maar dat ons ten volle in kostuums geklee sou wees: soos Chewbacca en Yoda (uit Star Wars). Ons het op dié idee voortgeborduur en besluit om soos al ons gunstelingkarakters aan te trek.”

Marty McFly en Doc Brown from “Back To The Future” (Foto: @TheIsaacJames)

Die paartjie het op hul sitkamerbank gesit en al die name genoem van persone soos wie hulle graag sou wou aantrek – hul gunstelinge bly Marvel Comics en Harry Potter. “Dit was die snaaksste gesprek! Daar was Home Alone, Jurassic Park, Mrs. Doubtfire, The Office … Ons haal byna daagliks dialoog aan uit dié reekse/flieks! Ons het so baie wat ons nog graag sou wou doen, maar ons het net nie genoeg tyd of geld gehad nie, so ons kon nie al ons idees uitvoer nie. Miskien volgende keer! Haha,” vertel Nate verder.

Nate en Jackie sê hulle sou glad nie dié fotosessie sonder hul bekende fotograaf en vriend, Isaac James, kon doen nie. “Sy tyd en toewyding is ongetwyfeld die enigste manier hoe ons dié fotosessie suksesvol kon doen. Sy visie, talent en vriendskap is baie kosbaar,” vertel Jackie aan Maroela Media. “Ek en Nate het die kostuums saamgestel en bepaal hoe dit moet lyk en selfs die liggings beplan, maar die ware talent is Isaac. Hy het ons met elke fotosessie gelei en ons idees gegee hoe om dit selfs nog beter te maak en die idees af te rond. Ons het deurgaans bly lag!”

Die paartjie bedank ook ʼn span helpers wat hulle bygestaan het, soos Aaron Ronelle (wat hulle met die kostuums gehelp het), Owen Horsley, Lindsey Buckelew, Sabrina Olivieri (dinosourus) en talle vriende van wie ons iets geleen het: Lora Olaes, Alex Chester, Gerard Kelley, Zachary Durand en Rob Mobley.

Volg hulle gerus op Instagram:
Jackie Nguyen
Nate Huntley
Isaac James

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anneke ·

just LOVE IT!!!!!!!!!!!!
Sal alles wou gee om oor my grootmens-simdroom te kom en weer te kan LEWE soos ‘n kind!!!

Jen ·

ek LOVE julle fotos.
ek het selfs onlangs my verlowingfotos gedoen en was dit ‘n “mission” om te besluit op watter tema, klere om aan te trek asook waar die fotos geneem moet word.

Julle is omtrent kreatief.
geluk en voorspoed op julle huwelik.

blom ·

Julle wat sulke suur kommentaar lewer, hoekom het jul dan die artikel deurgelees/ gekyk? Asseblief , sien tog iets positiefs. Hierdie is baie oulike foto’s – baie kreatief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.