Hierdie was een van die gewildste gedorie-artikels wat Maroela Media die afgelope jaar geplaas het:
ʼn Voël met ʼn vis in sy kloue het die fotograaf Doc Jon se aandag getrek, maar toe hy by die huis kom en die foto’s ondersoek, het daar ʼn groot verrassing op hom gewag!
ʼn Voël met ʼn vis in sy kloue het die fotograaf Doc Jon se aandag getrek, maar toe hy by die huis kom en die foto’s ondersoek, het daar ʼn groot verrassing op hom gewag!
Doc Jon het die foto by Hubbard’s Marina in Madeira Beach, Florida in die VSA geneem. Hy het aanvanklik gedink dis net ʼn groot vis in die roofvoël se kloue, maar toe hy die foto vergroot, het hy gesien dit is eintlik ʼn haai in die voël se kloue met ʼn vis in die haai se bek.
“Dis ʼn een-in-ʼn-biljoen-foto!” het Jon gesê. “Dis die beste foto wat ek nog ooit geneem het (inhoud, nie gehalte nie).”
Hy het benadruk dat hy nie met sagteware aan die foto gekarring het nie.