Foto’s: Die voël wat die haai gevang het wat ʼn vis gevang het

Foto: Doc Jon

ʼn Voël met ʼn vis in sy kloue het die fotograaf Doc Jon se aandag getrek, maar toe hy by die huis kom en die foto’s ondersoek, het daar ʼn groot verrassing op hom gewag!

Doc Jon het die foto by Hubbard’s Marina in Madeira Beach, Florida in die VSA geneem. Hy het aanvanklik gedink dis net ʼn groot vis in die roofvoël se kloue, maar toe hy die foto vergroot, het hy gesien dit is eintlik ʼn haai in die voël se kloue met ʼn vis in die haai se bek.

“Dis ʼn een-in-ʼn-biljoen-foto!” het Jon gesê. “Dis die beste foto wat ek nog ooit geneem het (inhoud, nie gehalte nie).”

Hy het benadruk dat hy nie met sagteware aan die foto gekarring het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nettie ·

Dáái was nou vir jou ‘n “double catch” …. of eerder, die een wat toe NIE weggekom het nie, of is dit nou …. twéé wat NIE weggekom het nie?

Lekker. ·

Sommer Voor- , en Hoofgereg in een!
Of: Twee vir die prys van een.

Leandra ·

Dit is nou ‘n wonderlike uitbeelding van die voedselketting. Waarlik besonders.

Francois ·

Ag foei tog! Net toe die haai dink hy gaan nou lekker eet, word hy self iemand se middagete :-)

Oom Kalahari ·

Dit is nou ‘n wonderbaarlike hoe die natuur is, ‘n vangs met 2 in een. Die Haai as hoofgereg en die vis as nagereg

MK ·

Wys jou! Die regte plek op die regte tyd en daai wenner foto is joune. Baie geluk Doc Jon! Jy het ‘n goeie oog en vinger op daai knoppie gehad. Welgedaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.