Meeste ma’s en pa’s sal kan bevestig dat mens eers ware nederigheid en onselfsugtigheid aanleer wanneer jy kinders kry, en dié reeks foto’s is ʼn duidelike bewys daarvan. Van gekrapte mure, stukkende kameralense en splinternuwe haarstyle – meeste ouers sal hul eie kroos in dié foto’s herken.
Bron: Doctor ASKY, Facebook
Ja nee baie van daardie foto’s is beelde wat ons al in ons huis ook gesien het! Daar is n rede hoekom dit “terrible two’s” genoem word. Ek ruil dit egter vir niks op aarde nie. Pappa lief jou my klein Twakkies!!!
Ek het drie seuns grootgemaak en glo my hulle was geen engeltjies nie (veral in hul tienerjare) maar ek moet bieg, hulle het nooit dit gedoen wat hierdie kinders hierbo gedoen het nie!
Sjoe … my kinders was ook maar lekker onmoontlik – die ergste wat hulle al gedoen het is die babapoeier uitgooi oor die mat en hulself smeer met BABABOUD-ROOM.