[Foto’s] Die wêreld se ‘coolste’ hond

Foto: airportk9, Facebook

Foto: airportk9, Facebook

Piper, ʼn sewejarige skaaphond wat voëls moet wegjaag op ʼn aanloopbaan by Cherry Capital-lughawe in Michigan, word as die wêreld se “coolste” hond beskryf nadat foto’s van hom wyd op sosiale media versprei is.

Piper is in Januarie 2015 as “natuurlewebestuurder” aangestel en hy werk ʼn volle skof van 04:00 tot 14:30. Sy eienaar, Brian Edwards, werk al sedert 2008 by dié lughawe as die bedryfsopsigter.

Piper dra ʼn weerkaatsende bril om seker te maak dat sy oë nie seerkry nie.

Susan Wilcox Olson, woordvoerder van die lughawe, het aan BuzzFeed News gesê Kanadese ganse, watervoëls en selfs uile in die winter, kan groot skade aanrig wanneer dit in ʼn vliegtuig se enjin beland.

Edwards en Piper word ontbied wanneer ʼn swerm voëls by die lughawe opgemerk word.

Lees meer oor Piper.
Volg sy avonture op Facebook en Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.