[Foto’s] Die wêreld se ‘duurste lelike Kersfeestrui’

Foto: http://www.tipsyelves.com/

Foto: http://www.tipsyelves.com/

Iemand kan dalk vanjaar die wêreld se “duurste lelike Kersfeestrui” in hul Kerskous kry, ʼn eiesoortige geskenk wat die koper $30 000, of sowat R421 000, uit die sak sal jaag.

Die aanlynwinkel, Tipsy Elves, bied vanjaar hierdie ongewone trui te koop aan. Volgens ʼn beskrywing op die webtuiste is die trui met 24 274 Swarovski-kristalle borduur en het dit 52 uur geneem om die trui te maak. Tipsy Elves beskryf die trui as ʼn “eenkeer in ʼn leeftyd versamelaarsitem”.

Die koper sal die trui in ʼn luukse raam ontvang, sodat die trui as ʼn kunswerk vertoon kan word. Of die trui ooit gedra gaan word, is ʼn ander vraag!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

miv ·

wie het besluit die trui is lelik? Dis ‘n baie besonderse trui – ek hou daarvan

Marianne ·

Die trui is nie lelik nie….
Inteendeel dis Anders, uniek.
Daar is ver teveel bling op na my smaak.
Tog ken ek mense wat dit sal dra.
Teen die prys daarvan koop ek eerder ‘n klomp ander deugsame items.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.