[Foto’s] Dís nou ʼn perd van ʼn ander kleur

Morestead in sy tweed-uitrusting (Foto: Taylor Herring, CNN)

Morestead in sy tweed-uitrusting (Foto: Taylor Herring, CNN)

Die veteraanresiesperd Morestead het opspraak gemaak toe hy onlangs in ʼn volledige pak klere, so ewe met ʼn pet op sy kop by ʼn byeenkoms opgedaag het.

Die tweed-uitrusting is spesiaal deur Emma Sandham-King ontwerp. Sy en haar span het vier weke lank aan die uitrusting gewerk.

“Morestead was baie kalm en ʼn plesier om mee te werk,” het sy gesê. Sy was ʼn vakleerling van wyle Alexander McQueen. “Dit was een van die grootste uitdagings nog van my loopbaan.”

Die twintigmalige kampioen Morestead het vandeesweek by die Cheltenham-fees, een van Engeland se vernaamste perdespringbyeenkomste, in sy uitrusting opgedaag.

Ongeveer 18 m tweed is gebruik om Morestead se pak klere mee te maak.
Lees meer: CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eileen ·

Baie aantreklik! My oorlede ma sou natuurlik gesê het die skoene (in die geval hoewe) moet die broek afnooi vir ‘n party!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.