Foto’s: ‘Disney’-huis het selfs ʼn Tarzan-swaai

(Foto: Zillow-eiendomsagentskap)

ʼn Huis, met ʼn oerwoud-tema, is in die mark vir $1,2 miljoen (sowat R17,7 miljoen) en kopers sal die kans kry om soos ʼn regte Tarzan te leef en van vertrek na vertrek met ʼn tou te swaai.

Die eiendomsagent is op soek na ʼn “unieke koper” vir dié buitengewone huis in Lakeport, Kalifornië. Met ʼn reusagtige olifant uit hout gekerf, plante, ʼn swembad en selfs die swaai beskryf sosialemediagebruikers die drieslaapkamerhuis as ʼn “Disney World vir volwassenes”.

Die huis word op die eiendomsagentskapswebwerf Zillow geadverteer. Die eiendom is al sedert Oktober 2020 beskikbaar en daar was nog nie ʼn geskikte koper nie.

Eiendomsagent Colleen Hennninger sê meeste mense wat na die eiendom kom kyk wil eintlik net kom loer, hulle is nie van voornemens om dit te koop nie.

Die eiendom was aanvanklik vir $1,9 miljoen in die mark.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misky ·

Ek sal dit definitief geniet om vir ‘n naweek of selfs week daar vakansie te hou, maar permanent bly: Nee dankie!!!! En definitief nie daai klomp geld werd nie. Selfs sinkplate binne gebruik as binne mure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.