[Foto’s] Disney-prinsesse gebruik om ‘kwessies’ uit te lig

Die fotograaf Shannon Dermody (Foto: Facebook)

Shannon Dermody, ’n fotograaf van Philadelphia in die VSA, spreek verskeie maatskaplike kwessies aan deur van Disney-karakters gebruik te maak in ʼn reeks grafiese en ontstellende foto’s.

Dermody skryf op haar webwerf dat sy graag deur dié reeks ʼn bewustheid van probleme in die wêreld wou skep. “Ek het besluit om karakters te gebruik wat hoog geag word om werklike probleme uit te wys wat ’n groot impak het op vandag se samelewing.”

Dermody het die reeks foto’s geneem as deel van ’n projek vir haar studies. Sy spreek verskeie kwessies in dié fotoreeks aan, onder meer verkragting, huishoudelike geweld, dwelmmisbruik en selfmoord.

WAARSKUWING: Die foto’s wat volg is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Tiana van die The Princess and the Frog lê op die grond terwyl ʼn gewapende man haar polsslag neem. Die foto beeld blykbaar brutaliteit deur die polisie uit. (Foto: Shannon Dermody)

Sneeuwitjie lê op ʼn matras op ʼn vloer wat met drankbottels besaai is. (Foto: Shannon Dermody)

Skoonlief is die slagoffer van huishoudelike geweld. (Foto: Shannon Dermody)

Merida van Brave is ʼn heroïenverslaafde. (Foto: Shannon Dermody)

Prinses Jasmine van Aladdin word uitgebeeld as ʼn meisie wat ’n kettingroker is. (Foto: Shannon Dermody)

Die Slapende Skoonheid is verkrag. (Foto: Shannon Dermody)

Ariel van The Little Mermaid dryf in besoedelde water. (Foto: Shannon Dermody)

Aspoestertjie is ʼn slagoffer van mensehandel. (Foto: Shannon Dermody)

Raponsie het selfmoord gepleeg. (Foto: Shannon Dermody)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anna ·

ek dink die foties is awesome. kinders kry die indruk als op tv is perfek en niemand het voete van klein. so sien ons die ware dinge wat in die wereld gebeur
dankie shannon

adriana ·

Die feeverhale word so vernietig- iets wat altyd onskuldig was word vernietig.
Dit is afgryslik. Wat moet ons nou vir die kleintjies van 3/4 /5 etc… jaar oud voorlees en wat se prentjies moet hulle na kyk? Na die prentjies hier bo? Nee, gladnie. Net ‘n siekkop kan dit uitdink.Iemand wat dit ervaar het.

Marius ·

Dis sou jammer wees indien kleuters na sulke gemors moes kyk.Dankie tog vir keuses.

Emma ·

Wow!!!! Dis die perfekte uitbeelding van “Not always happily ever after” .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.